Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
2de beleggingskonferensie begin Dinsdag in Sandton

Sowat 1 500 beleggers en sakelui van oor die wêreld heen sal van Dinsdagaand af die regering se tweede groot internasionale beleggingskonferensie in Johannesburg bywoon.

Pres. Cyril Ramaphosa toe hy verlede jaar die regering se internasionale beleggingskonferensie in Sandton toegespreek het. Foto: Felix Dlangamandla

Die konferensie in die Sandton-konferensiesentrum duur tot Donderdagmiddag.

Die presidensie het Maandag in ’n verklaring gesê die konferensie is deel van die regering se plan om R1 200 miljard se beleggings oor die volgende vier jaar na die land te lok. Dit maak alles deel uit van die ekonomiese regrukplan wat verlede jaar deur pres. Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Die eerste konferensie in Oktober verlede het R300 miljard se beleggings gelok. Rapport het die naweek berig volgens die regering was R254 miljard van dié beleggings in Augustus reeds in die implementeringsfase en nog R35 miljard se beleggings word beplan.

Die presidensie sê die regering sal op die konferensie ook sê watter stappe hy gedoen het om die land meer beleggingsvriendelik te maak.

“Die konferensie sal die geleentheid aan die regering bied om met die plaaslike en internasionale beleggingsgemeenskap te skakel.”

Dit begin Dinsdagaand met ’n sogenaamde netwerkfunksie. Ramaphosa sal die konferensie dan Woensdagoggend amptelik open. Hy sal ook as voorsitter optree.

Die onderskeie besprekingsgroepe sal onder meer op die vierde nywerheidsrevolusie, mynwese, die skepping van klein en mediumgrootte ondernemings, vervaardiging, toerisme, die rolprentbedryf, kuns, sport en die verwerking van landbouprodukte fokus.

Donderdagoggend sal die afgevaardiges ’n entrepreneurskap-tentoonstelling by die Universiteit van Johannesburg se Soweto-kampus besoek voordat Ramaphosa ’n afskeidsboodskap sal lewer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.