Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
2de grootste oorskot nóg was spinasie vir die rand

Suid-Afrika het in die eerste kwartaal van 2021 die tweede grootste oorskot tot nog toe op die balans van die lopende rekening behaal.

Die Durbanse hawe. Foto: Getty Images

Dit was R267 miljard, en beloop nou 5% van die bruto binnelandse produk (BBP).

In die vierde kwartaal van 2020 was die oorskot R198 miljard en dit was 3,7% van die BBP.

Die balans op die lopende rekening is die breedste maatstaf van geld wat die land in- en uitvloei en sluit in betaling vir goedere en dienste (die handelsbalans), salarisse, verhandeling op kapitaalmarkte en die betaling van dividende.

Die grootste oorskot tot nog toe is twee kwartale gelede, in die derde kwartaal van 2020, behaal, toe dit R297,5 miljard en 5,9% van die BBP was.

Die Reserwebank skryf die jongste verbetering toe aan die “voortgesette herstel in wêreldwye en plaaslike ekonomiese bedrywighede”.

Suid-Afrika se handelsbalans – wat die grootste deel van die lopende rekening is – het van ’n oorskot van R425 miljard einde 2020 tot ’n oorskot van R430 miljard gestyg.

Die waarde van uitvoerprodukte het die hoogste vlak tot dusver gehaal, grootliks danksy die styging in hulpbronpryse.

Wat dienste en salarisse en ander oodragte betref, is daar nog ’n tekort, maar dit het van R227 miljard einde 2020 tot R163 miljard in die eerste kwartaal gekrimp. Dit het dus van 4,2% van die BBP tot 3,1% van die BBP verminder.

Suid-Afrika se ruilvoet (terms of trade) het vir die sewende agtereenvolgende kwartaal verbeter. Dis die langste tydperk van opeenvolgende verbeteringe sedert dit gemeet word. Dit is ook danksy ’n styging in die randwaarde van uitvoerprodukte, terwyl invoerprodukte goedkoper geword het.

Die oorskot op balans van die lopende rekening help om die sterk rand van die afgelope maand te verklaar. Die rand het vroeër die week tot selfs R13,44 tenoor die dollar versterk. Donderdagmiddag was dit R13,65, maar steeds byna 30% sterker as die R17,72 waar dit op sy swakste sluiting in Januarie was.

Meer oor:  Handel  |  Ekonomie  |  Handelsbalans
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.