Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
4 dae voor vlak 3: Wat jy nou wil weet

Die regulasies vir vlak 3 van die staat van inperking is uiteindelik Donderdag aangekondig. Hier is van die hoogte- en laagtepunte.

    

1. Oor oefening en sport

  • Mense mag van 06:00 tot 18:00 oefen, solank dit nie in georganiseerde groepe is nie en solank gesonde afstande gehandhaaf word.
  • Die perk op 5 km om jou huis val weg.
  • Nkosazana Dlamini-Zuma verwys in haar toespraak net na stap, hardloop en fietsry - nie na enige ander sport nie. Meer inligting word verwag oor of sport soos gholf byvoorbeeld toelaatbaar sal wees.
  • Sportwedstryde sonder toeskouers sal kan plaasvind, maar nie vir kontaksport nie. Die wedstryde mag slegs deur die spelers, skeidsregters en ander wedstrydbeamptes, joernaliste, mediese personeel en TV-kamerapersoneel bygewoon word.
  • Sportgeriewe soos sportklubs, gimnasiums en swembaddens bly gesluit.
  • Strande en openbare parke bly gesluit.
Dit lyk nie of gholf toegelaat sal word nie.

  

2. Oor drank

  • Drankverkope word toegelaat Maandag tot Donderdag van 09:00 tot 17:00. Drank mag nie oor naweke of op openbare vakansiedae verkoop word nie.
  • Geen drank mag op ’n perseel gedrink word nie. Kroeë, sjebiens en restaurante (vir aansitetes) bly toe. 
  • Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, het egter beklemtoon enige plek met ’n dranklisensie – dus ook restaurante en sjebiens – mag drank verkoop, mits dit in toe houers is en nié op die perseel gedrink word nie. 

  

3. Oor huiswerkers

Huiswerkers mag weer terugkeer werk toe, het Patel gesê. Hy het egter ook gesê dit mag net gebeur in omstandighede waar veiligheid gehandhaaf kan word, en dit sal nog in regulasies uiteengesit word. Die regulasies hieroor is nog nie uitgereik nie.

By implikasie mag tuiniers en tuindienste ook weer gaan werk omdat hulle nie ingesluit is in die lys dienste wat nié oopgestel mag word nie.

  

4. Oor kerk

Geloofsbyeenkomste mag plaasvind, maar met ’n maksimum van 50 mense en met maatreëls vir die handhaaf van gesonde afstande in werking.

Kerkdienste van hoogstens 50 mense is toelaatbaar. Foto: Felix Dlangamandla

  

5. Oor ‘brandpunte’

Die hele land skuif oor na vlak 3, maar sekere munisipaliteite word as brandpunte geklassifiseer. Sifting en toetsing in brandpunte word verskerp en meer mediese geriewe word aan dié munisipaliteite toegewys.

Metropolitaanse munisipaliteite is:

  • Tshwane (Pretoria)
  • Johannesburg
  • Kaapstad
  • Ekurhuleni
  • eThekwini (Durban)
  • Nelson Mandelabaai (Port Elizabeth)
  • Buffalo City (Oos-Londen)

Distriksmunisipaliteite is:

  • Weskus (Wes-Kaap)
  • Overberg (Wes-Kaap)
  • Kaapse Wynland (Wes-Kaap)
  • Chris Hani (Oos-Kaap)
  • iLembe (KwaZulu-Natal)

  

6. Oor familie en vriende

Geen voorsiening word gemaak dat mense familielede of vriende mag besoek nie.

  

7. Oor rook

Tabakprodukte mag steeds nie verkoop word nie. Dié produkte mag wel vir die uitvoermark vervaardig word.

  

8. Oor hare, hande en voete

Persoonlike dienste soos haar-, grimeer- en skoonheidsbehandelings bly verbode. Tatoeëerders mag ook nie werk nie.

Patel sê hulle praat voortdurend met dié sektor om maatreëls te bepaal waarvolgens hulle kan heropen.

  

9. Oor uiteet

Mense mag voortaan hul eie kitskos gaan haal of dit vir aflewering bestel. Aansitetes bly verbode.

  

10. Oor aandklokreël

Die aandklokreël val oënskynlik weg. Mense moet steeds net beweeg om noodsaaklike goedere te koop of te gaan werk. Mense moet in die openbaar ’n masker dra.

  

11. Oor winkels

Alle winkels mag nou oopmaak, en winkels mag enige produk verkoop. Dit beteken winkels wat elektronika, meubels, somersklere en speelgoed verkoop, mag nou ook oopmaak. Op vlak 4 kon dié produkte slegs aanlyn verkoop word.

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Koronavirus  |  Vlak 3  |  Vlak 4  |  Inperking  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.