Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
3 goed wat buitelandse beleggers van SA afskrik
Heelwat faktore maak dat buitelanders nie in SA wil belê nie.

Swak maatskappybestuur, kommer oor politieke stabiliteit en eiendomsreg is die drie grootste struikelblokke vir buitelandse beleggings in Suid-Afrika, sê die ouditgroep PwC.

Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC, het Woensdag in Rosebank, Johannesburg, aan die media gesê dit is die belangrikste redes hoekom beleggers hul geld eerder elders neem.

Kommer oor swak maatskappy-bestuur geld ook vir private maatskappye, sê sy. “Die Wêreldbank het ons ’n paar jaar gelede in dié kategorie nog baie hoog op sy mededingendheidsranglys geplaas – vir private en staatsentiteite – maar ons het intussen agteruitgeboer.”

Suid-Afrika is tans nommer 67 uit 181 lande ten opsigte van die gehalte van maatskappybestuur.

Beleggers is ook bekommerd oor die uitslag van die verkiesing op 8 Mei.

Lullu Krugel, hoofekonoom van PwC.Foto: Elvira Wood

Krugel sê die regering moet ook vinnig duidelikheid oor eiendomsreg gee om beleggers gerus te stel. Hulle wil weet presies hoe dit gedoen gaan word en wat die spertye gaan wees.

Sy meen pres. Cyril Ramaphosa se beleggingsberaad verlede jaar het wel gehelp.

“Ja, ek weet baie van die beleggings wat ten tyde van die beraad aangekondig is, was eintlik reeds vooraf beklink.

“Wat wel goed was, was dat die beraad dit onder die aandag van die hele wêreld gebring het. Dit was baie goed vir ander maatskappye en beleggers om te sien daar is groot beleggers wat bereid is om hier te belê.”

Krugel sê sy steun Ramaphosa se plan om vanjaar ’n soortgelyke beraad te hou.

“Suid-Afrika het buitelandse beleggings dringend nodig.”

Meer oor:  Lullu Krugel  |  Beleggings  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.