Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
6 goed wat jy moet weet oor vlak 2
Foto ter illustrasie: Gallo Images/Getty Images
Die koop van tabakprodukte word weer onder vlak 2-inperking toegelaat. Gallo Images/Getty Images

Twak en dop is weer te koop, dis al wat die meeste mense wil weet oor vlak 2 van die nasionale inperking weens Covid-19. Maar daar is nog ’n paar dinge wat ’n mens moet weet:

1. Detail oor drankverkope:

Drankverkope by drankwinkels sal net van Maandag tot Donderdag van 09:00 tot 17:00 toegelaat word. Drankverkope sal wel toegelaat word by restaurante of hotelle of ander plekke waar drank op die perseel verbruik word, maar net tot en met 22:00.

2. Sigarette weer te koop:

Die verkoop van tabakprodukte sal weer toegelaat word.

3. Interprovinsiale reise toegelaat:

Reise tussen provinsies word toegelaat, en hotelle, gastehuise en ander verblyfplekke sal toegelaat word om daarvoor voorsiening te maak.

4. Gimnasiums weer oop:

Gimnasiums en fiksheidsentrums mag weer sake doen, met die nodige streng gesondheidsmaatreëls.

5. Ekonomie:

Die meeste ekonomiese bedrywighede sal nou toegelaat word binne die perke van die reëls vir sosiale afstand en ander maatreëls om die verspreiding van Covid-19 te bekamp.

6. Sosiale kontak:

Mense mag by vriende of familie kuier, maar dit moet soveel as moontlik beperk word.

Sosiale byeenkomste moet steeds vermy word, en nie meer as 50 mense mag byeenkom by byvoorbeeld begrafnisse of kerkdienste nie.

Vlak 2 geld van Maandagnag om middernag. 

Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Ekonomie  |  Koronavirus  |  Vlak 2  |  Sigaretverbod  |  Drankverbod
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.