Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
koffiekapitaal
Koffie uit ’n kapsule wen baie vinnig veld
Maar Nescafé is steeds die voorloper

Koffieliefhebbers se dag kan nie begin sonder hul daaglikse ka­feïen-inspuiting nie.

Die perfekte koppie koffie verskil egter van vasteland tot vasteland.


Volgens die jongste data van Euromonitor is Nestlé se alombekende Nescafé-kitskoffie steeds wêreldwyd ’n markvoorloper, maar in die VSA het ’n nuweling die afgelope jare bekende handelsname soos Starbucks en Nescafé taamlik flou laat lyk.

Keurig Green Mountain, die maatskappy agter die gewilde enkelkoppie-koffiemasjiene-en-kapsules, is skaars bekend buite Amerika, maar daar kan hy kwalik voorbly met sy K-Cups (dit is ’n plastiekhouertjie met ’n koffiefilter en gemaalde koffiebone wat in die koffiemasjien geplaas word).

In die res van die wêreld is Nestlé se Nescafé-kitskoffie steeds ’n gewilde keuse, veral in Asië, waar kitskoffie by voorkeur gedrink word.

In Europa wen Nespresso-koffie se unieke kapsules wel vinnig veld in die kitskoffie-mark.

Moet egter nie verwag dat Keurig binnekort die res van die wêreld gaan verower nie.

Die maatskappy fokus volgens sy uitvoerende hoof, Brian Kelly, op die Amerikaanse mark met die ontwikkeling van ’n nuwe masjien wat kola-drankies tuis vervaardig.

Intussen word koffiewinkels deel van al hoe meer mense se leefwyse.

Volgens die webwerf coffee-statistics.com is koffiewinkels die afdeling van die restaurantbedryf wat die vinnigste groei, met ’n jaarlikse groeikoers van 7%.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.