Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Mike Schüssler: Ons is nou armer as baie Chinese

So much style without substance

So much stuff without style

It’s hard to recognize the real thing

It comes along once in a while

Like a rare and precious metal beneath a ton of rock

It takes some time and trouble to separate from the stock

You sometimes have to listen to a lot of useless talk

– Neil Peart in “Grand Designs”

Suid-Afrika is ryker as ooit, maar ons verswakking is relatief tot ander, wat vinniger ryker geword het.
Mike Schüssler

Springbok-rugby se nederlaag teen Japan is sprekend van Suid-Afrika se terugsakking op die wêreldrangorde. Bafana het ook die wind van voor gehad en ons netbalspan is maar vyfde in die wêreld.

Studente en werkers protesteer en hoofberigte skree hul vereistes uit. Die slimmes reken ons moet luister en by die nuwe situasie aanpas.

Bladsye word gevul deur kommentaar en die regering blameer natuurlik altyd iets anders – nuttelose gesprekke.

Dit gebeur alles terwyl Suid-Afrika terugsak op die meeste wêreldgraderings, of dit nou sake of kompetisies is. Ons top-universiteite kry swaar, terwyl ons skole so swak vaar dat werkgewers eerder buitelanders, veral uit Afrika, aanstel.

Volgens die meeste internasionale maatstawwe het ons die afgelope twee dekades teruggesak van die top-30’s tot in die 40ste, 50ste of selfs laer posisie.

Ons is nou maar net gemiddeld. Ons is nie meer in die boonste kwartiel of derde nie.

Suid-Afrikaners se koopkrag relatief tot dié van Chinese.
Suid-Afrikaners se koopkrag relatief tot die wêreldgemiddelde.

Die werklike syfers wat egter tel, is dat Suid-Afrika relatief armer word. Nie in absolute terme nie, maar die gemiddelde Suid-Afrikaner het volgens inkomste per kop van 50ste in 1990 tot 77ste in 2013 verswak.

In die kommoditeitsontploffing was ons posisie nog in die middel-70’s, wat ons darem net-net in die top-helfte van die wêreld gehou het.

2014 was ’n ramp en Suid-Afrika het met nege plekke tot 86ste gedaal.

Die gemiddelde mens op straat in China, Azerbeidjan, Toerkmenistan, Belarus en Bulgarye is nou ryker as ons.

Suid-Afrika is nou deel van die armer helfte van die wêreld, terwyl 1,4 miljard Chinese ryker is as ons, wat ons ’n deel van die onderste 3 miljard mense maak.

Nuwe data van die Wêreldbank wys dat Chinese se inkomste ons s’n verbygesteek het wat sowel koopkrag as markinkomste betref.

Ek raai hulle is baie doeltreffender as ons. Vir seker is ons nie armer nie, maar relatief tot ander mense is ons nie veel werd nie, want geld laat die wêreld draai.

Gelukkig is ons nie Zimbabwe nie wat met sy onafhanklikheidswording op 67 was en nou deel van die onderste 22 is. Ons het toe twee keer die gemiddelde inkomste van ’n Zimbabwiër gehad, en het nou nege keer soveel. Zimbabwe het so geval dat hy die swaks presterende land in die geskiedenis van die moderne wêreld is.

Suid-Afrika is ryker as ooit, maar ons verswakking is relatief tot ander, wat vinniger ryker geword het. Dit is belangrik vir beleggingsbesluite en ook vir ons namate ons plek op die wêreldorde verswak.

Van onder af verg dit baie harde werk om ’n ekonomie te bou, en dit is moeiliker om die sportsterre, wetenskaplikes en sakebeginners te hou. Akademici gaan elders en belowende studente verlaat die land.

Die grootte van die totale ekonomie, wat ons ’n sekere status en krag gee, krimp ook. In 1994 was Suid-Afrika die 25 grootste ekonomie ter wêreld. In 2014 was ons 33ste, en daar is ’n moontlikheid dat Denemarke, Maleisië en Singapoer ons gaan verbygesteek.

As ons swak groeiprestasie voortduur, sal ons nie meer in die top-40 wees nie, wat ernstig is. Groot maatskappye kyk slegs na die top-markte om in te belê en handel te dryf. Die val van die rand versnel die verswakking op die rangorde.

Oor die algemeen is sulke dalings nie skielik nie, maar hulle word gesien. Nie net val ons van die beleggingsradar af nie, maar ook, wat invloed betref, van die politieke radar.

Van onder af verg dit baie harde werk om ’n ekonomie te bou, en dit is moeiliker om die sportsterre, wetenskaplikes en sakebeginners te hou. Akademici gaan elders en belowende studente verlaat die land.

Een ná die ander top-firma gaan soek geleenthede elders. Ons 60 top-maatskappye kry nou 70% van hul omset van buite die land se grense. Trouens, baie het die land verlaat. Klein sake-ondernemings wil ook weet of dit beter elders gaan en vra hoe sake in Angola en Australië lyk.

Op die oomblik baklei ons volgens die meeste wêreldstandaarde oor krummels. Ons word nie eens by die hooftafel bedien nie. Die stoel word onder ons uitgetrek deur massa-histerie wat ons by tafels laat aansit met minder welvaart en geleenthede om te deel. Boonop is ons leierskap sowel polities as ekonomies nie duidelik waarneembaar nie.

Onthou, dit het Ethiopië 15 jaar se groei van meer as 11% gekos om van die armste land ter wêreld tot slegs die agste armste te verbeter. In dieselfde tyd het Zimbabwe met 20 posisies verswak. Dis makliker om armer as ryker te word.

* Mike Schüssler is die hoofekonoom van Economists.co.za en voormalige wenner van Sake se Ekonoom van die Jaar-wedstryd.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.