Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Sasria-eise: Smouse ken dit nie
Numsa-lede neem in Port Elizabeth deel aan ’n stakingsoptog. Foto: Luvuyo Mehlwana
Werkgewers trek loonaanbod terug

Intussen het die werkgewersliggaam Seifsa Dinsdagaand sy nuutste loonaanbod aan die metaalwerkersvakbond Numsa teruggetrek, berig Sapa.

Seifsa het ’n 10%-verhoging in die eerste jaar van ’n driejaarooreenkoms aangebied en daarna 9,5% en 9%. Numsa eis 10% per jaar, asook die reg om op aanlegvlak te staak.

Onderhandelinge in die staking van al amper twee weke deur sowat 220 000 werknemers in die staal- en ingenieursbedryf is op ’n dooie punt. Karl Cloete, adjunk-hoofsekretaris van Numsa, het gesê dit sal net “houdings verhard”.

Kaapstad. – Al het eise weens stakings die afgelope vyf jaar skerp gestyg, is Sasria, die staatsversekeraar teen politieke onrus, geweldpleging en stakings, een van Suid-Afrika se bes bewaarde geheime.

Adam Salie, voorsitter van Sasria, het Dinsdag dié rooskleurige prentjie aan die parlement se staande komitee oor finansies geskets.

Hy het daarop gewys dat die kapitaalreserwes uit teruggehoue verdienste van R3,2 miljard in 2010 tot R4,6 miljard einde Maart vanjaar gestyg het.

Die premie-inkomste het van R785,6 miljoen in 2009-’10 tot R1,4 miljard in die afgelope boekjaar gestyg en die netto belaste wins het die afgelope vyf jaar gewissel tussen R357 miljoen en R700 miljoen einde Maart vanjaar.

Cedric Masondo, uitvoerende hoof van Sasria, het nietemin sy kommer uitgespreek oor die styging in eise sedert 2009.

Die getal eise het van sowat 700 per jaar in 2009-’10 tot meer as 2 000 in 2012-’13 gestyg, volgens Masondo hoofsaaklik weens stakingsverwante eise.

Eise verwant aan diensleweringskade het ook skerp gestyg. Daarby het die grootte van eise gestyg en in alle gevalle duur die stygingstendens voort, maar Sasria kon dit doeltreffend teenwerk met stygende premie-inkomste, wat van ’n baie lae basis verhoog kon word.

Masondo het gesê Sasria se groot uitdaging bly om sy dienste behoorlik bekend te stel aan handelaars in die informele sektor wat dikwels tydens betogings en ander oproer die grootste skade ly.

Hy het gesê feitlik alle plaaslike owerhede het Sasria-dekking, maar nie-behoorlike registrasie van bates lei dikwels tot onderversekering.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.