Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Boubedryf
Vervaardigers van boustof in sak en as
Boubedrywighede het in sowel die residensiële as die nie-residensiële sektor afgeneem en gevolglik het die vertroue van hoofboukontrakteurs van gedaal. Foto: Charl Devenish

Swak binnelandse verkope en bestellings het die vertroue van vervaardigers van boumateriaal in die tweede kwartaal van vanjaar behoorlik laat tuimel.

Hul vertroue het van 53 in die eerste kwartaal tot 9 punte geval, volgens die bouvertrouensindeks van First National Bank (FNB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO).

Dit het die oorhoofse bouvertrouensindeks 11 punte laer laat eindig op 41 punte.

Hoewel die uitvoermark vir boumateriaal – hoofsaaklik die res van Afrika – in die kwartaal lewendig was, is volumes relatief klein en was dit nie genoeg om vertroue ’n hupstoot te gee nie, sê John Loos, eiendomsekonoom van FNB.

Hy sê die swakker binnelandse vraag kan ook deels toegeskryf word aan die voortslepende arbeidsonrus in die platinumsektor.

Die indeks gee die vertroue van al die groot rolspelers in die boubedryf weer – argitekte, bourekenaars, kontrakteurs, subkontrakteurs en vervaardigers van en kleinhandelaars in boumateriaal.

Die huidige vlak van die indeks beteken dat sowat 60% van die respondente ontevrede is met heersende saketoestande.

Loos sê boubedrywighede het in sowel die residensiële as die nie-residensiële sektor afgeneem en gevolglik het die vertroue van hoofboukontrakteurs van 49 tot 45 punte gedaal.

“Die daling in nie-residensiële boubedrywighede was onverwags en gaan die vooruitsigte beïnvloed.”

Die vertroue van subkontrakteurs het van 47 punte tot 43 punte gedaal.

“Die resultate van die tweede kwartaal wys dat net toe die herstel in die boubedryf beduidend momentum begin kry het, is dit is sy spore gestuit.”

Die peiling vir die navorsing is tussen 5 Mei en 2 Junie onderneem.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.