Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Aandklok: Hoe gemaak as jou vlug ná 22:00 land?

Suid-Afrikaners wat tydens die vlak 3-inperking met vliegtuie reis, hoef nie te vrees dat vlugte se aankoms- en vertrektye hulle in die moeilikheid kan laat beland nie.

Jy sal steeds saans ná 22:00 huis toe kan ry, al het die aandklokreël reeds begin, mits jy ’n bewys van jou instapkaart of vlugbespreking byderhand het. Foto: Unsplash

Pres. Cyril Ramaphosa het die land dié week na vlak 3 van die nasionale staat van inperking geskuif.

Die aangepaste aandklokreël tussen 22:00 en 04:00 geld reeds en met vlugte wat dalk ná 22:00 opstyg (veral internasionale vlugte) of land, is dit belangrik dat reisigers weet wat om te doen indien hulle nog nie teen 22:00 by die huis gaan wees nie as gevolg van vlugtye.

Volgens Andrew Stark, besturende direkteur van Flight Centre, is die goeie nuus dat vliegtuie steeds ná 22:00 sal kan vertrek en land. “Passasiers sal ook die laaste been van hul reise kan voltooi, naamlik om vanaf die lughawe na hul eindbestemming te reis.

“Die Staatskoerant maak dit duidelik, al land of vertrek vliegtuie ná 22:00, mag die passasiers na of van die lughawe reis.”

Hy waarsku egter enigiemand wat dit wel doen, moet in besit wees van ’n geldige instapkaart, of ’n afdruk daarvan, of ’n geldige bewys van die bespreking van ’n bepaalde vlug.

Stark stel voor Suid-Afrikaners wat hierdeur geraak word, moet hul reisagente skakel indien daar enige onsekerhede is oor hoe om dit te hanteer.

Die taxidiens Uber sê enigiemand wat van sy diens gebruik maak nadat die aandklokreël geld, moet 'n geldige permit volgens die regering se regulasies aan die Uber-bestuurder wys.

Volgens 'n woordvoerder van die taxidiens sal hul bestuurders dus steeds te alle tye in Suid-Afrika kan bestuur.

Die woordvoerder het nie verder uitgewei oor die geldigheid van 'n vliegkaartjie of instapkaart indien 'n kliënt ná 22:00 van 'n Uber-taxi gebruik wil maak nie. 

Meer oor:  Inperkings  |  Lugdienste  |  Uber  |  Vliegkaartjies  |  Aandklokreël  |  Taxidiens  |  Vlugte  |  Reis  |  Covid-19-Regulasies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.