Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Aardbewing skud bankbase wakker
Berg Agung in Bali. Die vulkaan het sowat ’n jaar gelede weer begin rommel.

’n Heilige ritueel waar die gode in Bali gevra is om die wêreld se finansiële base te beskerm, blyk dalk ’n groter uitwerking op die gode te gehad het as verwag.

Ministers van finansies en presidente van reserwebanke van 189 lande wat die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) se jaarlikse vergadering van Wêreldbanke op dié eiland bywoon, is Donderdagoggend vroeg behoorlik wakker geskud – deur ’n aardbewing wat 6.4 gemeet het.

Behalwe dat dit waarskynlik die meerderheid van die sowat 34 000 mense wat die beraad en ander vergaderings bywoon, wakker gemaak het, was daar geen beduidende skade nie.

Die skudding het egter groter skade op die nabygeleë eiland Java veroorsaak. Volgens die nasionale rampbeheeragentskap is ten minste drie mense daar dood en huise is beskadig.

Bali se Berg Agung-vulkaan het sowat ’n jaar gelede weer begin rommel.

’n Spesiale ritueel is in Augustus aan die voet van die berg gehou om die gode te vra dat die beraad veilig sal plaasvind.

In Julie en Augustus is meer as 500 mense dood in ’n reeks aardbewings op die eiland Lombok – die eiland reg langs Bali.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank woon tans dié vergadering by.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Imf  |  Internasionale Monetêre Fonds  |  Reserwebank  |  Lesetja Kganyago  |  Bali  |  Aardbewing  |  Bankbase
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.