Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Alle Covid-19-tenders kan nou aanlyn gesien word

Drie weke nadat pres. Cyril Ramaphosa die belofte gemaak het, is die volledige lys van alle maatskappye wat Covid-19-tenders ontvang het, aanlyn gepubliseer.

Pres. Cyril Ramaphosa. Foto: Getty Images

Die volledige lys is op die tesourie se webwerf.

Dit kom nadat talle ANC-leiers in die visier gekom het oor beweerde bedrog en korrupsie wat Covid-19-tenders van miljoene rande betref.

Ramaphosa het in ’n verklaring gesê dis ’n ongekende stap in die belang van aanspreeklikheid om nou alle inligting op een plek aan die publiek beskikbaar te stel.

Die kantoor van die hoofverkrygingsbeampte het die lys in samewerking met die tesourie, departement van justisie, provinsiale departemente en openbare entiteite saamgestel.

Ramaphosa het op 5 Augustus die direktief gegee.

Die lys sluit alle verkrygingsaktiwiteite van nasionale departemente, provinsiale departemente en meer as 70 openbare entiteite in.

“Dié stap is ongekend en is ’n duidelike bewys van die regering se toewyding tot deursigtigheid en aanspreeklikheid as dit by die aantygings van korrupsie in die Covid-19-verkrygingsproses kom,” het Ramaphosa gesê.

“Die samewerking tussen staatsdepartemente tydens die proses was prysenswaardig, en ’n duidelike aanduiding dat ons ons pogings gaan verskerp om op te tree teen individue of ondernemings wat by korrupsie en winsbejag tydens die pandemie betrokke is.”

Die tesourie het homself daartoe verbind om die lys deurlopend by te werk soos wat nog tenders uitgereik word.

“Deur die lyste te publiseer het ons ons belofte aan die Suid-Afrikaanse volk nagekom. Dit maak dit moontlik om die besonderhede deeglik te ondersoek van alle maatskappye wat tenders vir Covid-19-verwante dienste ontvang het.”

Meer oor:  Cyril Rama­Phosa  |  Bedrog  |  Koronavirus  |  Tenderbedrog  |  Verkrygings  |  Korrupsie  |  Tenders  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.