Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Alle vlugte na ‘onveilige’ lughawe gestaak

Die Polokwane-lughawe kan nie meer vlugte akkommodeer nie weens sy versuim om veiligheidsmaatreëls soos ’n brandweerdiens in plek te hê om sy lisensie te behou.

Polokwane
’n Airlink-vliegtuig styg op van ’n aanloopbaan. Airlink moes Donderdag dadelik alle vlugte na en van Polokwane staak. Foto: Verskaf

Die private streeklugdiens Airlink sê Donderdagoggend hy moes nou al sy vlugte na en van dié lughawe staak.

Die Burgerlugvaartowerheid (BLO) het Woensdagaand vir Airlink in kennis gestel dat die Polokwane-lughawe se status afgegradeer is na vlak CAT2, wat beteken dis onveilig vir kommersiële vlugte.

Dit is dus nou onwettig vir kommersiële lugdienste om verder gebruik te maak van die lughawe.

Die probleem blyk te wees dat die Polokwane-lughawe onder meer nie tans ’n brandweerdiens tot sy beskikking het nie.

Airlink sê hy het ook probeer om sy huidige geskeduleerde vlugte na die Pietersburg-lughawe te stuur, maar dié lughawe beskik “ook nie” oor brandweerdienste nie.

Dit beteken dat alle vlugte na die gebied ongelukkig gestaak moet word.

Airlink is besig om alle geaffekteerde kliënte in kennis te stel en werk nou saam met die Polokwane-lughawe om te sien wanneer hy sy lisensie kan terugkry.

“Ons vra ons kliënte om verskoning vir die ongerief wat veroorsaak word deur die opskorting van hierdie diens,” sê Rodger Foster, uitvoerende hoof van Airlink.

Kliënte wat bevestigde kaartjies vir die gekanselleerde vlugte het, moet hul besprekingsagent, toeroperateur of Airlink-besprekings by 011 451 7300 kontak, en vir terugbetalings per e-pos 4Zonlinerefunds@flyairlink.com kontak.

Meer oor:  Airlink  |  Rodger Foster  |  Polokwane-Lughawe  |  Polokwane  |  Lugdiens  |  Lugvaart  |  Vlugte  |  Burgerlugvaartowerheid  |  Lughawens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.