Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Alles aanlyn nou toegelaat behalwe sigarette, drank
Suid-Afrikaners kan nou alle items, buiten sigarette en drank, via e-handel koop. Foto: Pexels

Alle aanlyn kleinhandel word nou onder die vlak 4-inperking toegelaat na nuwe riglyne oor dié handelaars se verkope Donderdag uitgereik is.

Die riglyne is deur Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, uitgereik.

Produkte wat onder die ramptoestand verbied word soos sigarette en drank word egter nie toegelaat nie, sê Danie Cronje, ’n prokureur wat spesialiseer in die drankwet oor die riglyne.

In die riglyne word gesê aanlyn handelaars kan help om die ekonomie weer aan die gang te kry met kontaklose transaksies en om mense se beweging te verminder en minder verbruikers in winkels te hê.

Die kleinhandelaars sal streng riglyne moet nakom om te verseker dat hul personeel beskerm bly teen die verspreiding van die virus.

Die riglyne verskaf die maatreëls waaraan gehoor gegee moet word om werkers en verbruikers veilig te hou.

Meer oor:  Ebrahim Patel  |  Inperking  |  Covid-19  |  E-Handel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.