Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Amper 90% minder toeriste in SA

In November 2020 het 88,6% minder buitelanders as ’n jaar tevore in die land aangekom, en ten spyte daarvan dat vlak 1 van die staat van inperking van krag was, het selfs Suid-Afrikaners min gereis.

Die syfers vir Desember 2020 - gewoonlik een van die besigste maande vir oorsese aankomste - is nog nie uitgereik nie. Foto: Unsplash

Dit blyk uit Statistieke Suid-Afrika (SSA) se jongste toerisme- en migrasiesyfers wat hy Dinsdag bekend gemaak het.

Die toerismebedryf, wat in November ten volle in bedryf was, het gehoop dat die verslapping van die inperkingsmaatreëls sou lei tot meer sake, maar dit was ooglopend nie die geval nie.

Altesame 244 112 Suid-Afrikaners en buitelanders het in November in die land aangekom, waarvan 152 694 buitelanders was.

Dit is 88,6% minder as die meer as 1,3 miljoen buitelanders wat in November 2019 hier aangekom het.

Hiervan het 33 833 nie in die land vertoef nie, maar net aansluitingsvlugte of aansluiting vir ander reise hier gekry.

Die oorblywende 118 861 is in twee groepe verdeel: dagbesoekers en toeriste wat vir langer as een dag in die land vertoef het.

Altesame 101 096 buitelandse toeriste het in November in Suid-Afrika kom reis.

Dit is 88,1% laer as die 850 537 buitelandse toeriste wat in November 2019 deur die land gereis het.

Die meeste van hulle was van ander Afrikalande en het die land via landsgrense binnegekom.

Slegs 15 520 oorsese toeriste het in November in Suid-Afrika kom vakansie hou. Die meeste van hulle (14 574) het die land per vliegtuig binnegekom.

Die toptien-lande van waar oorsese toeriste Suid-Afrika in November besoek het:

  • Brittanje: 2 833 (18,3% van alle oorsese toeriste)
  • Duitsland: 1 710 (11%)
  • VSA: 1 458 (9,4%)
  • Frankryk: 765 (4,9%)
  • Nederland: 748 (4,8%)
  • Switserland: 597 (3,8%)
  • Indië: 547 (3,5%)
  • Bangladesj: 513 (3,3%)
  • Pakistan: 386 (2,5%)
  • Kanada: 353 (2,3%)

Toeriste van hierdie tien lande verteenwoordig 63,9% van alle oorsese toeriste in November.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.