Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
ANC se ekonomie-baas lei nou Ontwikkelingsbank

Enoch Godongwana, hoof van die ANC se subkomitee oor ekonomiese transformasie, is as voorsitter van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (Obsa) aangestel.

Enoch Godongwana Foto: Daily Sun

Godongwana, wat Vrydag op Obsa se jaarvergadering in dié pos aangestel is, was voorheen adjunkminister van openbare ondernemings en van ekonomiese ontwikkeling onder oudpres. Jacob Zuma.

Obsa het ook Vrydag sy finansiële resultate vir die boekjaar tot einde Maart uitgereik, en gespog hy het ’n netto wins van R3,1 miljard behaal teenoor die vorige jaar se netto wins van R2,28 miljard.

In die boekjaar het die bank steun van R37 miljard gebied vir die ontwikkeling van infrastruktuur en R9 miljard se lenings is uitbetaal.

Martie Janse van Rensburg

Sy netto rente-inkomste het met 17% tot R4,49 miljard gegroei. Sy bedryfsinkomste het met 47% tot R5,64 miljard gegroei, en sy totale bates het met 0,3% tot R89,5 miljard geklim.

Op die jaarvergadering is prof. Mark Swilling van die Universiteit Stellenbosch (US) as ondervoorsitter van Obsa aangestel.

Godongwana is in April in die direksie van Obsa aangestel. Hy het ’n meestersgraad in finansiële ekonomie van die Universiteit van Londen en is ’n nie-uitvoerende direkteur van ’n string ander entiteite, waaronder die papiergroep Mondi, die Nuwe Ontwikkelingsbank oftewel die Brics-bank, die Nasionale Behuisingsfinansieringskorporasie, die Nasionale Huisbouersregistrasieraad en ’n reeks maatskappye van die Zabezolo-groep.

Prof. Mark Swilling

Van Godongwana se omstrede onlangse uitsprake was oor die ANC se beleid oor voorgeskrewe bates. Godongwana meen dit is beter om pensioenfondsgeld te gebruik om staatsondernemings se finansies aan te help as om by die Internasionale Monetêre Fonds vir lenings aan te klop.

Swilling is in Augustus 2017 heraangestel as ’n direkteur van Obsa. Hy is ’n professor in volhoubare ontwikkeling aan die US se skool vir openbare leierskap. Hy was die medeskrywer van ’n onlangse akademiese verslag oor staatskaping.

Martie Janse van Rensburg, wat in April as nie-uitvoerende direkteur van Obsa heraangestel is, is Vrydag op die jaarvergadering aangestel as voorsitter van die bank se oudit- en risikokomitee.

Janse van Rensburg is ’n geoktrooieerde rekenmeester en is ’n nie-uitvoerende direkteur van Sephaku Holdings en Etion. Sy dien ook in toesigkomitees by FirstRand en Ashburton, volgens inligting wat Obsa Vrydag op die JSE se nuusdiens, Sens, uitgereik het.

Meer oor:  Enoch Godongwana  |  Banke  |  Anc  |  Bankbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.