Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Anglo se Mark Cutifani: Eskom bly ’n probleem

Suid-Afrika weet wat gedoen moet word om Eskom reg te ruk.

Mark Cutifani, uitvoerende hoof van Anglo American, Woensdag op die beleggingskonferensie in Sandton.Foto: Elvira Wood

“Ons moet nou wegbeweeg van weet wat ons moet doen na dóén wat ons moet doen.”

So het Mark Cutifani, uitvoerende hoof van Anglo American, Woensdag op ’n paneelbespreking op die tweede jaarlikse beleggingskonferensie in Sandton gesê.

“Daar is absoluut geen twyfel daaroor dat Eskom en die beskikbaarheid van elektrisiteit ’n groot rol speel in die besluite wat ons neem nie. Dit is waarskynlik die grootste risiko wat ons moet behartig.”

Cutifani sê dis ’n moeilike taak omdat “jy beduidende herstrukturering moet doen”.

Rob Shuter, uitvoerende hoof van MTN, sê hoewel die probleme by Eskom ’n groot uitdaging vir die sakesektor is, moet daar nie vergeet word hoe goed ontwikkel die infrastruktuur in Suid-Afrika is nie.

“Ons het ’n effens ander perspektief daarop. Ons bestuur 17 netwerke op die vasteland. Suid-Afrika is die enigste een van dié lande waar ons hele netwerk die kragnetwerk gebruik. In ander lande is dit bloot nie beskikbaar nie,” sê hy.

“Die uitdagings is baie goed geïdentifiseer. Ons moet die planne nou uitvoer. Ek glo Eskom is ’n oplosbare probleem.”

Meer oor:  Anglo American  |  Mtn  |  Eskom  |  Cyril Rama­Phosa  |  Rob Shuter  |  Mark Cutifani  |  Krag  |  Beleggingskonferensie  |  Elektrisiteit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.