Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Arbeidsmark nié onbuigsaam, meen Nxesi
Thulas Nxesi
Thulas Nxesi Foto: Daily Sun

Dis ’n leuen dat daar arbeidsonbuigsaamheid in Suid-Afrika is, meen Thulas Nxesi, minister van indiensneming en arbeid.

Hy het Woensdagmiddag in die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) gesê werkgewers kan ingevolge arbeidswetgewing aansoek doen om kwytgeskeld te word van kollektiewebedingingsooreenkomste. Hulle moet dit net goed kan motiveer.

Nxesi het beklemtoon die regering sal voortgaan om die toepassing van diensbillikheid te verskerp, want “die topbestuur van maatskappye word steeds oorheers deur wit mans”.

Die huidige arbeidswetgewing is buigsaam genoeg. Mense moenie kortpaaie soek nie, sê Nxesi.

Oor ’n vraag van die EFF of Nxesi die “neoliberale” planne van Tito Mboweni, minister van finansies, sal teenstaan om staatsondernemings te verkoop “wat tot werkverliese sal lei en net witmonopoliekapitaal sal bevoordeel”, het Nxesi gesê populistiese ideologies gelaaide woorde sal nie help nie.

Die huidige arbeidswetgewing is buigsaam genoeg. Mense moenie kortpaaie soek nie.
Thulas Nxesi

Daar is 1,8 miljoen geregistreerde werkgewers in die land, en die departement se arbeidsinspekteurs kom nie oral uit nie, het Nxesi gesê op die vraag hoe uitbuiting van en wangedrag teen werkers beveg kan word.

Oor bewerings dat baie plaaswerkers nie toegelaat word om verlof te neem nie, selfs nie kraam- of siekteverlof nie, het Nxesi gesê daar is gevalle waar die departement van arbeid van betreding aangekla word wanneer arbeidsinspekteurs onverwags sonder vooraf kennisgewing op sekere plase opdaag.

Alternatiewelik word inspekteurs begroet met ’n hele span regsverteenwoordigers.

Hy meen die beste strategie is om baie streng op te tree teen boere wat uitgevang word dat hulle hul werkers so uitbuit, sodat dit as voorbeeld vir ander kan dien.

Daar is steeds boere wat swart plaaswerkers soos slawe behandel, sê Nxesi.

Hy het ook die gebruik van sommige boere bevraagteken om onwettige immigrante as goedkoop arbeid te gebruik pleks van wettige plaaslike inwoners.

Strukturele verandering in ekonomie

Daar het oor die afgelope jare ’n groot strukturele verandering in die ekonomie plaasgevind, met die tersiêre sektor wat nou al sowat 60% van die bruto binnelandse produk (BBP) bedra terwyl mynbou sowat 6% verteenwoordig.

Maar die onderwys- en opleidingstelsel het nie bygehou met die verandering nie, en die gevolg is strukturele werkloosheid, het Mboweni in die NRP gesê.

Tersiêre bedrywighede verwys na goed soos die finansiëledienstesektor, groot- en kleinhandel en toerisme.

“Maar ons moet steeds seker maak ons hou aan met mynbou, met landbouverwerking en met vervaardiging.”

Meer oor:  Thulas Nxesi  |  Werkers  |  Arbeidswette
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.