Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Arkade-speletjie laat Taiwanse munt sweet

Terwyl die meeste lande toenemend kontant probeer uitfaseer, moet die Taiwanse sentrale bank al hoe meer munte vervaardig.

“Kloumasjiene” waar pryse gewen kan word, is besonder gewild in Taiwan.

Die skielike gewildheid van “kloumasjiene” – waar ’n klou as deel van ’n speletjie gemanipuleer word om ’n prys vas te gryp – het die aanvraag verhoog na (Taiwanse dollar) NT$10-munte, sê Jang Tsjin-long, president van dié bank. Dit was in ’n onderhoud nadat die staat se begroting vir 2019 Donderdag aan die wetgewer voorgelê is.

Tsjiang Joeng-tsjang, lid van die Democratic Progressive Party, sê van die NT$1,7 miljard se munte wat in 2019 vervaardig gaan word, gaan NT$1 miljard in die vorm van NT$10-munte gemunt word.

Tsjiang wou weet of die verhoogde vervaardiging nodig was, gegewe dat dit NT$4,75 kos om een NT$10-munt te maak.

“Ons hoop die publiek sal eerder kyk of hulle nie van dié munte by die huis het wat hulle kan gebruik om vir die spel te gebruik nie,” het Jang geantwoord.

“As dit die geval is kan ons minder van dié munte maak.”

Om met kloumasjiene te speel word wyd in Taiwan bemark as ’n maklike passiewe beleggingsgeleentheid vir kantoorwerkers.

Die aantal maatskappye wat arkades in Taiwan bedryf, het die laaste twee jaar tot meer as 6 400 verdriedubbel.

Dit is luidens statistieke van die tesourie.

Tsjiang sê sowat 100 000 mense verdien ’n inkomste uit die sowat 10 000 individuele arkades met kloumasjiene.

– Bloomberg

Meer oor:  Taiwan  |  Munte  |  Kloumasjien
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.