Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Armoede al hoe meer ’n Afrika-verskynsel

Teen 2030 kan 90% van die wêreld se armste mense in Afrika woon, sê die Wêreldbank.

In 2015 was 55% van die wêreld se armste mense in Afrika, maar die syfer neem met rasse skrede toe. Grafika: iStock

Dis weens trae ekonomiese groei en omdat regerings in Afrika min fiskale ruimte het om armoedeverligtingsprogramme in te stel.

In 2015 was 55% van die wêreld se armste mense in Afrika, maar die syfer neem met rasse skrede toe, sê die bank in sy halfjaarlikse verslag Afri­ca Pulse. Die bank het boonop sy ekonomiesegroei-vooruitsig vir Afrika suid van die Sahara vir die jaar tot 2,6% verlaag, teenoor die 2,8% wat in April voorspel is.

Luidens die verslag geskied armoedeverligting in Afrika veel stadiger sedert die skerp daling in kommoditeitspryse in 2014 wat gelei het tot ’n inkrimping in BBP-groei per capita. “Terwyl lande in ander streke vorder in hul stryd teen armoede, word verwag dat armoede ’n oorwegend Afrika-verskynsel sal wees.”

Hoewel die armoedekoers (die persentasie mense wat op minder as $1,90 per dag leef) in Afrika suid van die Sahara tussen 1990 en 2015 gedaal het, het behoeftiges op die vasteland in dié tyd van 278 miljoen tot meer as 416 miljoen gestyg omdat die bevolking so vinnig gegroei het, wys data van die Wêreldbank.

Gegewe die beperkte ruimte vir herverdeling en toelaes om armes se inkomste aan te vul, behoort Afrika-regerings daarop te fokus om hul landsburgers se produktiwiteit te verhoog – hetsy hulle formeel in diens is of vir hulself werk, sê die Wêreldbank in die verslag.

Afrika-regerings se skuld het van 36% van die BBP in 2013, tot sowat 55% in 2018 toegeneem. Dit word toegeskryf aan gebrekkige fiskale konsolidasie nadat talle lande die gevolge van die wêreldwye finansiële krisis van 2009 deur verhoogde besteding probeer teëwerk het. Luidens die verslag is sowat 46% van Afrikalande verlede jaar (2013: 22%) as ’n hoë risiko beskou omdat die regerings sukkel om hul skuld te betaal. Bloomberg

Meer oor:  Wêreldbank  |  Afrika  |  Armoede  |  Ekonomie  |  Wêreldekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.