Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Bahreinse belegging hupstoot vir vervaardiging

Danksy ’n belegging uit Bahrein sal Suid-Afrika nou minder van invoerprodukte, vir veral sy spoorweë, afhanklik wees.

Gespesialiseerde saamgestelde materiale wat vir veral spoorweë gebruik word, sal voortaan plaaslik in ’n nuwe aanleg in Germiston, Gauteng, vervaardig word. Foto: Argief

Die maatskappy BFG Africa Rail, ’n filiaal van die Bahreinse maatskappy BFG International, het R50 miljoen daarin belê om teen die einde Desember ’n nuwe aanleg vir die vervaardiging van gespesialiseerde saamgestelde materiaal in Germiston te bou.

BFG International is een van die vyf grootste vervaardigers van dié produkte ter wêreld.

Die produkte wat in die Germiston-aanleg vervaardig sal word, word aanvanklik geoormerk vir die Passasierspooragentskap (Prasa) en ander spoorweg-verwante projekte.

Volgens Ebrahim Patel, minister van handel en nywerheid, is daar vele ander gebruike vir die materiaal wat in onder meer die sekerheidsektor en in die sektor vir hernubare energie vervaardig gaan word.

Volgens die minister sal die belegging lei tot genoeg vervaardigingsvermoë om aan die behoefte in Suid-Afrika te voorsien en sal die produk ook uitgevoer kan word.

Die aanleg sal in 76% van Suid-Afrika se vraag na dié produk voorsien, sê Patel.

Teen einde Desember sal die Germiston-aanleg 120 mense in diens neem wat hoogs gespesialiseerde vaardighede sal aanleer, sê BFG Africa Rail in ’n verklaring.

Volgens Patel is dié soort belegging ’n bewys van die verbeterende beleggingsklimaat in Suid-Afrika en sal dit tot pres. Cyril Ramaphosa se beleggingsveldtog bydra.

Meer oor:  Prasa  |  Ebrahim Patel  |  Vaardigheid  |  Spoorweë  |  Indiensneming  |  Vervaardiging  |  Aanleg
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.