Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Baloyi in sop oor reis na Turkye
Danisa Baloyi

Danisa Baloyi, die geskorste hoof van die Black Business Council (BBC), is moontlik in nog meer moeilikheid nadat sy na bewering vandeesmaand ’n vrouekonferensie in Turkye namens die raad bygewoon het.

Baloyi het saam met Hawa Bibi Khan die eerste Internasionale Vrouekongres in Turkye op 10 Desember bygewoon.

Die raad sê egter hulle het nie goedkeuring vir die reis gegee nie.

Hulle sê hulle sal ondersoek oor die saak instel.

George Sebulela, sekretaris-generaal van die BBC, sê die organisasie dra geen kennis daarvan nie.

“Baloyi het nie goedkeuring om sedert haar skorsing die BBC by enige forum of enige aktiwiteit van watter aard ook al te verteenwoordig nie,” sê hy.

“Die BBC weet nie van enige geleentheid waar sy namens die organisasie opgetree het nie.

“As dit wel die geval sou wees, sal dit jammer wees dat sy nie aan die voorwaardes van haar skorsing gehoor gegee het nie.”

Sebulela sê Khan is nie eens lid van die BBC nie.

“Dit is betreurenswaardig dat hulle die organiseerders van die konferensie om die bos gelei het sou hulle hulself as senior verteenwoordigers van die organisasie by die konferensie beskryf het.”

Hy sê die BBC het geen keuse as om die saak te ondersoek nie.

Die twiet waar Baloyi aangedui word as president van die BBC.

Baloyi word op die konferensie se amptelike Twitter-rekening aangedui as ’n spreker by die geleentheid en as president van die BBC.

Khan word op dieselfde rekening beskryf as uitvoerende direkteur van die BBC.

Baloyi is nege dae voor die konferensie geskors.

Haar skorsing hou verband met ’n skenking van R5 miljoen wat die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan die BBC gemaak het.

Die geld het egter nooit by die BBC uitgekom nie.

Dit is in ’n rekening van Merit Energy, ’n maatskappy wat aan Khan behoort, betaal.

Die BBC het klagte van bedrog en diefstal teen Baloyi en Merit Energy aanhangig gemaak.

Dit is nie die eerste keer dat Baloyi en Khan saam Turkye besoek het nie.

Die Turkse ambassadeur het in Maart tydens ’n besoek ’n foto van die twee saam op die internet geplaas.

– Fin24

Meer oor:  Bbc  |  Black Business Council  |  Danisa Baloyi  |  Turkye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.