Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Banke het 4 prioriteite vir Mboweni

Die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) het die aanstelling van Tito Mboweni as minister van finansies verwelkom en ’n lys van prioriteite gegee waarop hy moet fokus.

Tito Mboweni, nuwe minister van finansies.

“Die vereniging het nou saamgewerk met hom tydens sy termyn as president van die Reserwebank. Ons glo hy het die vaardighede en ervaring om die staatskas te bestuur in hierdie moeilike tye,” lui ’n verklaring van Basa.

Ons hoop ander in die kabinet, wat ook skuldig is aan oneerlikheid of leuens, gaan besef hoe nodig dit is om eerlike, moedige leiers in die regering te hê en sal dieselfde standaarde toon as Nene. Indien dit nie gebeur nie, moedig ons die president aan om beslissend op te tree om Suid-Afrika ’n eerlike en bevoegde kabinet te gee.
Basa

Hier is die dinge waarop hulle glo Mboweni moet fokus:

1. Hy moet die vertroue in die finansiële markte terugwen en behou.

2. Hy moet die vertroue van die sakesektor en beleggers terugwen.

3. Hy moet inklusiewe ekonomiese groei, werkskepping en maatskaplike ontwikkeling bevorder.

“As voormalige minister van arbeid verstaan hy die uitdagings van werkloosheid, armoede en ongelykheid wat getakel moet word, en dat dit net so belangrik is om fiskale dissipline en die stabiliteit van die finansiële stelsel in stand te hou.”

4. Hy sal saam met sy kollegas moet werk om ’n stabiele en samehangende regulatoriese en beleidsomgewing te skep sodat daar sakevertroue is om in die ekonomie te belê.

Basa het ook hul waardering vir Nhlanhla Nene uitgespreek. “Hy het gelei deur ’n voorbeeld te stel en het sy bedanking aangebied onmiddellik toe dit openbaar is dat hy nie so openlik was oor sy vergaderings met diegene wat van staatskaping beskuldig word nie.

“Ons hoop ander in die kabinet, wat ook skuldig is aan oneerlikheid of leuens, gaan besef hoe nodig dit is om eerlike, moedige leiers in die regering te hê en sal dieselfde standaarde toon as Nene. Indien dit nie gebeur nie, moedig ons die president aan om beslissend op te tree om Suid-Afrika ’n eerlike en bevoegde kabinet te gee.”

Meer oor:  Basa  |  Tito Mboweni  |  Ramaphosa  |  Nene  |  Staatskaping
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.