Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Banke se vryheid ‘is deur Guptas bedreig’
Die Reserwebank se gebou in die middestad van Pretoria.

Sentrale banke is dalk onder beleg, maar hulle verdien om verdedig te word, het Lesetja Kganyago, president van die Suid-Afrikaanse Reserwebank, Maandagaand op ’n lesing by die Peterson-instituut vir internasionale ekonomie gesê.

Hy het die 19de jaarlikse Stavros Niarchos Stigting se lesing by dié instituut in Washington DC in Amerika gelewer.

Die onlangse aanvalle op die Reserwebank was nie oor monetêre beleid nie, maar eerder oor hy wetgewing teen geldwassery wou gehoorsaam deur nie aan die Guptas ’n banklisensie te gee nie, sê Kganyago.

Toe handelsbanke begin weier om die Guptas se geldsake te hanteer weens vrese om geldwassery-wetgewing te oortree, is die Reserwebank onder druk geplaas om die banke te dwing om steeds met die Guptas sake te doen.

“Ons is selfs gedreig dat die Reserwebank se taak om banklisensies uit te reik heeltemal van ons weggeneem sou word.”

Die Reserwebank se onafhanklikheid is in dié geval gebruik om die wet teen geldwassery in stand te hou en “dit het vir die bank vyande geskep”.

Kganyago het ook verwys na die kritiek teen die Reserwebank toe hy VBS Bank in kuratele geplaas het. “Ons is daarvan beskuldig dat ons swart uitnemendheid ondermyn en die belange van wit kapitaliste beskerm.

’n Belofte om ’n banklopie te keer of om alles moontlik te doen om ’n bank te red is ’n unieke mag van ’n sentrale bank.

Julle ken die gesegde dat patriotisme die laaste uitweg van uitvaagsels is? Wel, as jy in Suid-Afrika wil wegkruip is dit nie in patriotisme nie maar in rassepolitiek. Hierdie mense het pas ’n groot bankroof gepleeg, en wat die meeste kommer wek is dat hulle dit gedoen het deur die geld te steel wat die regering gestuur het om dienste te lewer aan van Suid-Afrika se armste mense, en daardie munisipale geld was verlore.”

Die vreemdste aanval op die Reserwebank was volgens Kganyago die ondersoek deur die openbare beskermer (OB) na die reddingsboei wat die Reserwebank in 1985 aan Bankorp gegee het.

Die OB het gemeen Absa, wat Bankorp oorgeneem het moet R1 miljard teruggee en dat die Reserwebank se mandaat verander moet word. Die howe het die bevindings verwerp.

Kganyago sê dit lyk of sentrale banke wêreldwyd aangeval word. Die Bank van Engeland word gekritiseer omdat hy gewaarsku het oor die koste van Brexit, in Amerika wil almal die Federale Reserweraad voorsê wat om te doen, en in Suid-Afrika word die onafhanklikheid van die Reserwebank bedreig.

Volgens hom het die bank onafhanklikheid nodig omdat samelewings hul leiers moet kry om in openbare belang op te tree pleks van hul eie korttermyn- politieke belange.

Onafhanklikheid verseker dat die ontsaglike magte van ’n sentrale bank - soos om geld te druk en banke te lisensieer - nie deur politiek-verbinde individue oorgeneem kan word wat daarop uit is om die staat te plunder pleks van om die inwoners te dien nie.

Eerstens is ’n onafhanklike sentrale bank nodig sodat hy ’n duidelike mandaat het om inflasie te beheer. Regerings hou daarvan om lae inflasie in die toekoms te belowe, maar as die toekoms opdaag ontdek hulle dis makliker om eerder hoër inflasie te verdra.

Gevolglik begin banke, maatskappye en werkers hoër inflasie te verwag, en almal beland uiteindelik in ’n wêreld waarvan hulle nie hou nie, met ’n ingeboude tendens na hoër inflasie en hoër rentekoerse.

’n Ander argument vir onafhanklikheid is dat sentrale banke uitsluitlik toegespits moet wees op monetêre beleid, maar sentrale banke kry toenemend nuwe take by, soos om finansiële stabiliteit te monitor en verseker en om die banksektor te reguleer.

Kganyago sê ’n sentrale bank het ook unieke magte as uitlener van laaste uitweg. “Niemand anders kan ’n bankstelsel met likiditeit oorspoel soos ’n sentrale bank nie.”

’n Belofte om ’n banklopie te keer of om alles moontlik te doen om ’n bank te red is ’n unieke mag van ’n sentrale bank. Hulle het kundigheid, toegang tot internasionale netwerke soos mede- sentrale bankiers, met die reputasie as verantwoordelike tegnokrate wat baie nuttig kan wees wanneer ’n finansiële krisis hanteer moet word.

Meer oor:  Lesetja Kganyago  |  Guptas  |  Reserwebank  |  Bankbedryf  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.