Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Banke: Toerisme moet sakemodel hersien

Toerisme-ondernemings sal hul inkomstestrome moet diversifiseer en nie net op een enkele produk fokus nie.

Die strand by Wildernis aan die Tuinroete. Foto: George Toerisme

Hulle behoort ook hul sakemodel te hersien en ’n sterker digitale teenwoordigheid ontwikkel.

Dít is van die advies van die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa) toe hy Dinsdag die parlement se portefeuljekomitee oor toerisme toegespreek het oor banke se hulp aan sukkelende toerismeondernemings weens die Covid-19 pandemie.

Banke het tot einde Maart al 14 827 lenings ter waarde van R18,16 miljard aan sukkelende ondernemings toegestaan as deel van die Covid-19 leningswaarborgskema, het Khulekani Mathe, hoof van finansiële insluiting by Basa, gesê.

Die hoofrede vir die skynbaar swak benutting van die skema is volgens Mathe dat ondernemings bloot nie nog skuld wil aangaan nie.

Mathe wys dat klein en mediumgrootte ondernemings nie weet van al die steun wat hulle kan kry nie. Die topdrie redes dat hulle nie die beskikbare steun gebruik nie is dat hulle nie daarvoor kwalifiseer nie, nie bewus was daarvan nie, of bewus is daarvan maar nie weet hoe om meer inligting te kry nie.

Benewens die leningswaarborgskema het banke betalingsvakansies op lenings toegestaan tydens die streng inperking verlede jaar. Banke het R33,6 miljard se verligting gebied op leningsterugbetalings van April tot September verlede jaar. Daar is verligting gebied op 2,7 miljoen individuele kredietooreenkomste en 135 540 sakelenings.

Volgens Basa is ’n herstel in die toerismesektor afhanklik van hoe suksesvol die regering sy inentingsveldtog voer, het Mathe beklemtoon.

Die regering kan die toerismebedryf steun deur laer heffings en om opleiding aan te bied. Banke kan bydra deur die prosesse te vereenvoudig wat ondernemings moet deurgaan om vir lenings aansoek te doen.

Meer oor:  Lenings  |  Toerisme  |  Banke  |  Toerismebedryf  |  Basa
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.