Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Banke verwelkom ‘etiese’ Nene by tesourie
Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika.

Suid-Afrika se bankbedryf het Dinsdagoggend pres. Cyril Ramaphosa se nuwe kabinet verwelkom, maar is bekommerd dat “gekompromitteerde individue behou is wat steeds onder die wolk van staatskaping en wanadministrasie is”.

Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika, sê die kabinetskommeling is ’n belangrike stap in Ramaphosa se pogings om beleggersvertroue te herstel. Hy verwelkom veral die terugkeer van Nhlanhla Nene as minister van finansies.

“Etiese leierskap by die nasionale tesourie is die belangrikste anker van ons planne om die ekonomie te laat groei en ’n omgewing te skep wat geloofwaardig groei bevorder, werk te skep en Suid-Afrikaners uit armoede op te hef. Die tesourie moet toevertrou word aan ’n leier wat onaangetas is deur die vernietiging van korrupsie en staatskaping.”

Coovadia sê die banksektor sal die nuwe kabinet fyn dophou en verantwoordbaar hou vir “prestasie, dienslewering en etiese leierskap”.

Dié reaksie is soortgelyk aan dié van ander instansies, soos Business Leadership South Africa (BLSA), wat die nuwe kabinet verwelkom het as ’n stap in die regte rigting om vertroue te bevorder, groei te herstel en werk te skep, sê Bonang Mohale, uitvoerende hoof van BLSA.

BLSA het Nene en Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se aanstellings verwelkom.

Mohale sê Nene het ’n “bekende gesig” en ’n “stabiele hand” wat beleggers vertroue in die ekonomie sal gee.

Hy sê Gordhan sal “die staat se greep” versterk om staatskaping en korrupsie uit te wis.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.