Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cas Coovadia: ANC moet fyn trap oor grond
Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika. Foto: Argief

Die nuwe leierskorps van die ANC moet fokus op beleidsekerheid, inklusiewe groei en die skep van ’n omgewing wat belegging en werkskepping ondersteun.

Cas Coovadia, besturende direkteur van die Bankvereniging van Suid-Afrika (Basa), vra in ’n verklaring dat “ideologiese debatte nie die inwerkingstelling van pragmatiese ekonomiese beleid vertraag nie”.

Coovadia sê Basa verwelkom Cyril Ramaphosa se verkiesing tot nuwe president van die party.

Hy sê egter die “voortgesette teenwoordigheid van talle in die ANC-leierskap wat met korrupsie en staatskaping verbind word, voorspel niks goeds vir die bekamping van hierdie plae nie”.

“Ons doen ’n beroep op die leierskap om sake- en verbruikersvertroue te herbou, die agteruitgang by staatsondernemings om te keer, ’n program te ontwikkel om kritieke kwessies soos grondhervorming te hanteer en om ’n inklusiewe ekonomie te skep binne die raamwerk van die Grondwet en deur alle Suid-Afrikaners agter so ’n program te verenig.

“Institusionele stabiliteit, veral by dié instansies waar onafhanklikheid gewaarborg moet wees, moet seëvier,” lui die verklaring.

Dit sluit in die Reserwebank, die openbare beskermer, die nasionale vervolgingsgesag en die regbank.

Die pad vorentoe

Coovadia sê Basa steun doeltreffender grondhervorming.

“Ons verwelkom die besluit om ’n werksessie te hou oor ’n padkaart vir grondhervorming.”

Basa verwelkom uitsprake van die ANC-leierskap dat verseker moet word dat grondhervorming nie die lot van armes vererger weens werkverliese, en belangriker, deur voedselonsekerheid te vererger nie.

“Hierdie pragmatisme moet die waarmerk wees van ons benadering tot inklusiewe ekonomiese groei en maatskaplike ontwikkeling.”

Coovadia sê dit is besonder kommerwekkend dat die onafhanklikheid van die Reserwebank weer bevraagteken word.

“Kritieke staatsinstansies is in die verlede deurlopend aangeval om die politieke behoeftes van ’n paar te dien en die konferensie dui daarop dat daar min hoop is dat dit in die kiem gesmoor gaan word.

“Te min word gedoen om te bepaal wat die invloed hiervan is op die doeltreffendheid van hierdie instansies, die vlug van noodsaaklike talent en die ernstige sistemiese uitwerking wat dit op ons ekonomie en ons mense het terwyl ons onderweg is na die volgende ronde kredietgraderings,” lui die verklaring.

Meer oor:  Cas Coovadia  |  Ekonomie  |  Grond  |  Grondhervorming
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.