Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Resessie vermy ná ekonomie 3% groei

Die ekonomie het in die tweede kwartaal van vanjaar met 3,1% gegroei – meer as wat ekonome verwag het.

Statistieke Suid-Afrika het Dinsdagoggend die jongste syfers vir die bruto binnelandse produk (BBP) vir die kwartaal tot einde Junie uitgereik.

Dit kom nadat die ekonomie in die eerste kwartaal met ’n hersiene 3,1% ingekrimp het en daar gevrees is dat Suid-Afrika weer op die rand van ’n resessie is.

Die groei in die tweede kwartaal is deur mynwese aangedryf.

Ekonome wat aan ’n peiling van Bloomberg deelgeneem het, het verwag die ekonomie sou in die tweede kwartaal met 2,5% groei.

RMB Global Markets het verwag die BBP sou met 2,4% styg vergeleke met die eerste kwartaal danksy ’n herstel in die landbou, mynwese en vervaardiging omdat daar nie beurtkrag in die tweede kwartaal was nie, het Mpho Tsebe, ’n ekonoom van RMB, gesê.

Meer oor:  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Bbp  |  Statistieke Suid-Afrika
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.