Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
BBP: Stewige groei, maar dis als relatief

Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) was in die derde kwartaal 13,5% groter as in die tweede kwartaal. Dit was egter steeds 6% kleiner as ’n jaar gelede.

Ondanks droogtes in groot dele van die land lewer die landbou ’n positiewe bydrae tot die ekonomie.

Statistieke Suid-Afrika (SSA) het pas aangekondig geannualiseerde en seisoensaangepaste groei op ’n kwartaalgrondslag, wat dikwels in Engels as qqsaa afgekort word, was 66,1%, teenoor die aangepaste qqsaa van -51,7% vir die tweede kwartaal.

Geannualiseerde, seisoensaangepaste kwartaalgroei is die statisties aanvaarde manier waarop ekonomiese groei wêreldwyd gemeet word. Dis gewoonlik ’n goeie aanduiding van die groeikoers in die ekonomie – dit wys met hoeveel die ekonomie sal groei of inkrimp indien dit vier kwartale dieselfde pas volhou.

Die Covid-19-pandemie en gepaardgaande inperkings van ekonomiese bedrywighede trek egter vanjaar die syfers skeef.

     
k

BBP op produksie

Ongeannualiseerd, dus bloot van kwartaal tot kwartaal gemeet, was die groei 13,5%, teenoor die tweede kwartaal se -16,4%.

Teenoor ’n jaar gelede het die ekonomie met -6% gegroei, beter as die tweede kwartaal se -17,1%.

Die land het in die derde kwartaal R1 270 miljard se produksie geskep, oftewel R196 miljard meer as die tweede kwartaal.

Al tien die bedrywe wat SSA meet, het in die derde kwartaal gegroei. In die tweede kwartaal was daar slegs groei in die landbou, wat grootliks met bedrywighede kon voortgaan tydens die strengste fases van inperking.

Die sektore en bedrywe se groei word steeds op die qqsaa-grondslag aangedui, wat in baie gevalle vir selfs driesyfergroei sorg.

Primêre sektor (172,9%)

  • Landbou: 18,5%. Byna alle sektore van die landbou het groei aangeteken.
  • Mynbou: 288,3%. Die produksie van platinumgroepmetale, ystererts, goud, mangaanerts en diamante het gegroei.

Sekondêre sektor (155,6%)

  • Vervaardiging: 210,2%. Groei is aangedryf deur hoër staal- en brandstofproduksie.
  • Nutsdienste: 58%. Meer krag en water is gebruik soos fabrieke en kantore heropen het.
  • Konstruksie: 71,1%. Bouwerk is oor ’n breë front hervat nadat slegs noodsaaklike bouwerk tydens die vlak 5-inperking toegelaat is.

Tersiêre sektor (37,6%)

  • Handel: 137%. Alle soorte handel het in die kwartaal toegeneem. Dit sluit die gasvryheidsbedryf en restaurante in. Die sektor se totale produksie is egter steeds laer as in die eerste kwartaal van die jaar.
  • Vervoer: 79,3%. Sowel padvervoer as kommunikasie, wat ook in dié bedryf gemeet word, het skerp toegeneem.
  • Finansiële dienste: 16,5%. Mense het weer hul makelaars en finansiële adviseurs gekontak, en bedrywighede vir versekering en aftrede het toegeneem. Daarby het die huismark ook weer opgetel.
  • Staatsdiens: 0,9%. Die groei hou verband met aanstellings in tersiêre onderrig en provinsiale regerings.
  • Persoonlike dienste: 38,6%. 
   
k
  

BBP op besteding

Die alternatiewe manier om BBP te meet, naamlik op grond van besteding eerder as produksie, het ook in die derde kwartaal kop opgetel.

Op ’n qqsaa-grondslag is dit 67,6% teenoor die aangepaste syfer van -53,7% vir die tweede kwartaal. Ongeannualiseerd - en dus minder skeefgetrek - is kwartaalgroei 13,8%.

Teenoor ’n jaar gelede het besteding 6,4% gedaal, maar dis beter as die -17,6% groei in die tweede kwartaal.

Die syfers word erg verwring deur die impak van die inperking - daar is byvoorbeeld ’n syfer van 7 042,5%-groei in besteding op restaurante en hotelle, grootliks omdat hulle in die tweede kwartaal kwalik kon sake doen.

Die volgende besteding word gemeet en die groei word op ’n qqsaa-grondslag weergegee:

  • Uitvoer: 201,4%
  • Huishoudelike besteding: 69,5%. 
  • Vastekapitaalvorming: 26,5%
  • Staatsbesteding: 0,7%
  • Invoer: -1,6%
k


Meer oor:  Staat Van Inperking  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei  |  Koronavirus  |  Bbp  |  Statistieke Suid-Afrika  |  Inperking  |  Covid-19  |  Bbp2003
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.