Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Belê nóú in SA - daar is winskopies’

Die positiewe stemming onder beleggers wys Suid-Afrika is nou op die “regte koers”, het Kenny Fihla, hoof van korporatiewe en beleggingsbanksake by Standard Bank, Donderdag op ’n beleggerskonferensie in New York gesê.

Kenny Fihla, hoof van korporatiewe en beleggingsbanksake by Standard Bank. Foto: Argief

Oor grondhervorming sê hy daar is geen rede tot kommer vir beleggers nie, omdat Suid-Afrika “uiteindelik op koers” is om ’n gepaste grondhervormingsbeleid toe te pas wat die kommer sal besweer van diegene met grond en van dié daarsonder.

Fihla het op die sesde South Africa Tomorrow-konferensie in New York gepraat en gesê hy is steeds vol vertroue dat grondhervorming volgens ’n demokratiese proses, soos in die Grondwet uiteengesit, sal geskied.

Daarbenewens is hy bereid om sy “kop op ’n blok te sit” dat die land se ekonomiese groei teen einde van 2019 met ’n ekstra persentasiepunt sal versterk. “As staatsbestedingsprogramme se doeltreffendheid verbeter kan word, kan daar nog ’n persentasiepunt teen 2020 bygevoeg word.”

Pres. Cyril Ramaphosa se veldtog om $100 miljard se beleggings na die land te lok, het binne ses maande reeds byna $55 miljard se beleggings laat realiseer.

“Ons weet dat beleggers kort op die hakke van goeie ekonomiese groei volg, en die bedrag wat reeds belê is, wys dat Suid-Afrika se ekonomie nou op ’n goeie koers is met deurlopende belangstelling van die internasionale gemeenskap,” sê Fihla.

Hy is optimisties oor die toekoms.

“Koop vinnig; Suid-Afrikaanse bates gaan nie meer vir lank goedkoop wees nie.”

Meer oor:  Standard Bank  |  Ekonomie  |  Ekonomiese Groei
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.