Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Beleggers wil dít van Nene weet
Nhlanhla Nene, minister van finansies.

Beleggers en kredietgradeerders wil hoor Suid-Afrika hou vol om van korrupsie en ondoeltreffendhede in die staat ontslae te raak, sê Business Unity South Africa (Busa).

’n Verbintenis tot groter beleidsekerheid en fiskale konsolidasie word as noodsaaklik beskou om beleggings te lok.

Dit is volgens Busa wat deel is van ’n afvaardiging onder leiding van Nhanhla Nene, minister van finansies, wat Londen, Boston en New York besoek.

Hulle is op ’n week lange toer om beleggers na Suid-Afrika te lok.

Busa het Dinsdag in ’n verklaring gesê dat beleggers en kredietgradeerders in Londen aangedui het hulle wil veral sien dat korrupsie beveg word en dat ondoeltreffendheid in staatsondernemings (SOE’s) getakel word.

Hulle het veral op die belangrikheid gefokus om die finansiële status en bestuur by SOE’s soos Eskom te pak.

Moody’s Investor Service sal op 23 Maart ’n besluit oor Suid-Afrika se kredietgradering neem.

Hy het die land in Oktober op ’n 90-dae-hersiening vir ’n moontlike afgradering geplaas.

Dié agentskap is die laaste van die drie groot kredietgradeerders wat Suid-Afrika se staatskuld nog op beleggingsvlak handhaaf.

Van die ander kwessies wat beleggers duidelikheid oor wil hê, is die land se hoë werkloosheidsyfer onder die jeug, wat die proses gaan wees in terme van die onteiening van grond sonder vergoeding, die stabiliteit van arbeidsverhoudinge en hoe gratis hoër onderwys gefinansier gaan word.

“Soos verwag, is beleidsekerheid en politieke stabiliteit geïdentifiseer as voorwaardes vir langtermyn-investering,” sê Tanya Cohen, uitvoerende hoof van Busa.

Sy woon die verrigtinge in Londen by.

Martin Kingston, adjunkpresident van Busa, sê die Suid-Afrikaanse afvaardiging, waarin die tesourie, arbeid en sake sterk verteenwoordig word, het kwessies wat na vore gekom het duidelik en omvattend bespreek.

“As sake bly ons daartoe verbind om ons deel te doen,” sê Jabu Mabuza, president van Busa, asook die voorsitter van Eskom se direksie.

Ander lede van die afvaardiging sluit in Mondli Gungubele, adjunkminister van finansies, Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, Bonang Mohale, uitvoerende hoof van Business Leadership South Africa, Dennis George, sekretaris-generaal van die vakbondfederasie Fedusa, asook amptenare van die tesourie en die Reserwebank.

George het per telefoon uit Londen vir Fin24 gesê beleggers wat effekte besit, asook ander belanghebbers, wil dit “uit die perd se bek hoor” – van sake, arbeid en die staat.

Hy sê daar is ’n gevoel van “Ramaphosa-euforie” in vergaderings, maar ook erkenning dat Suid-Afrika deur groot probleme in die gesig gestaar word.

– Fin24, verwerk

Meer oor:  Busa  |  Eskom  |  Tesourie  |  Reserwebank  |  Dennis George  |  Nhlanhla Nene  |  Jabu Mabuza  |  Londen  |  Kredietgradeerders  |  Beleggers
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.