Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Beleggingsplan kan ekonomie 3,6% groei - Patel

As Suid-Afrika die $100 miljard se beleggings kan lok waarna pres. Cyril Ramaphosa mik, sal dit die ekonomie teen sowat 3,6% per jaar laat groei.

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling. Foto: Verskaf

Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, het Donderdag op Absa se beleggingskonferensie in Braamfontein, Johannesburg, gesê dié groeikoers kan bereik word, maar dan moet daar geen eksterne skokke wees nie.

Hy sê ook beleggings moet in fisieke infrastruktuurprojekte wees en nie net in beleggingsportefeuljes nie.

“Die private sektor sal moet help dat ons hierdie beleggings lok. Ons moet hul bestaande kanale gebruik om beleggers te lok.”

Patel sê die ekonomiese groei móét toeneem om die land se werkloosheidskrisis op te los.

Daar word werk in Suid-Afrika geskep, maar nie teen die pas waarteen die arbeidsmag groei nie.

Patel sê die Nasionale Ontwikkelingsplan voorsien dat daar oor die volgende 18 jaar 11 miljoen poste geskep sal word.

As die land nie voldoende werk kan skep nie, gaan daar baie druk op die staat, die private sektor en gemeenskappe wees. Hy het benadruk dat die staat die private sektor se hulp nodig het om hierdie uitdaging te oorkom.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.