Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Beleid beïnvloed vryheid van ekonomie in SA
Die relatief stabiele koopkrag van die rand is goeie nuus vir ekonomiese vryheid. Foto: Pixabay

Die Fraser-instituut se Ekonomiese Vryheid in die Wêreld-verslag vir 2017 wat Donderdag bekend gestel is, wys Suid-Afrika is steeds nr. 95 uit 159 lande, wat betref die vryheid van sy ekonomie.

Dit is dieselfde plek as wat hy in 2016 beklee het.

“Suid-Afrika het nie in 2017 op die ranglys afgeskuif nie, maar hy was in 2000 op nr. 46. Die afgelope 17 jaar het 49 lande dus verby Suid-Afrika geskuif,” sê Richard J. Grant in die voorwoord van die verslag. Grant is ’n Amerikaanse professor in finansies en ekonomie en is die redakteur van die verslag.

Boonop is 13 Afrikalande hoër op die ranglys as Suid-Afrika, met Rwanda wat die hoogste plek op nr. 31 beklee, gevolg deur Botswana (50) en Uganda (60).

Die inligting wat vir die verslag gebruik is, is egter dié van 2015 en onlangse verwikkelinge soos hoër inflasie en korrupsie is dus nie in ag geneem nie, sê Grant.

Een gebied waar Suid-Afrika in 2015 goed gevaar het, is in die regulasie van sy kredietmark waar hy boaan die ranglys van alle lande was.

Grant sê beleid wat handel beperk en die koste van in- en uitvoer is van die elemente wat Suid-Afrika se ekonomiese vryheid nadelig beïnvloed.

Grant voorspel Suid-Afrika gaan ’n laer plek op die 2018-ranglys hê wanneer die 2016-data, soos die hoër inflasiekoers, in berekening gebring word.

Die tien lande met die grootste ekonomiese vryheid
  1. Hongkong

  2. Singapoer
  3. Nieu-Seeland
  4. Switserland
  5. Ierland
  6. Brittanje
  7. Mauritius
  8. Georgië
  9. Australië
  10. Estland
Ekonomiese vryheid

Die Fraser-instituut verduidelik ekonomiese vryheid as die mate waartoe burgers self kan besluit in watter sektore en met wie hulle wil handel dryf. Indekspunte word in vyf oorhoofse kategorieë aan ’n land toegeken wat dan gebruik word om die ranglys te bepaal.

Hoe meer burgers self kan kies wat hulle doen en nie deur staatsbeleid in hul keuse belemmer word nie, hoe vryer is die land se ekonomie.

Die vyf kategorieë is:

1. Omvang van staatsinvloed

Hoe kleiner die staat se invloed in terme van staatsbesteding op ekonomiese groei is, hoe vryer is die ekonomie.

2. Regstelsel en eiendomsreg

Hoe beter individue deur die regstelsel beskerm word, en toegelaat word om eiendom te besit, hoe vryer is die ekonomie.

3. Standvastige geldeenheid

Hoe meer stabiel pryse en die koopkrag van ’n geldeenheid, hoe vryer is die ekonomie.

4. Internasionale handel

Hoe minder beperkinge soos tariewe, belasting en kwotas, hoe vryer is die ekonomie.

5. Beleid

Hoe minder beleid voorskryf waarmee en met wie handel gedryf word, hoe vryer is die ekonomie.

Meer oor:  Suid-Afrika  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.