Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Beurtkrag plaas druk op rand
’n Dollar sou jou vroeg Dinsdagoggend R13,79 kos.

Dit is beslis nie ’n goeie week vir die rand nie en die probleme by Eskom vererger sake vir die geldeenheid.

Met beurtkrag wat sedert Sondag weer groot dele van die land ure lank sonder krag laat, is daar nou groot kommer oor wat die invloed hiervan op die ekonomie gaan wees.

Die kredietgradeerder Moody’s Investor Service het juis Maandag gewaarsku dat die planne wat pres. Cyril Ramaphosa op 7 Februarie in sy staatsrede vir Eskom uiteengesit het, waarskynlik nie voldoende is om die kragreus se finansiële uitdagings die hoof te bied nie.

Moody’s waarsku die feit dat die staat amper R260 miljard van Eskom se totale skuld van R460 miljard waarborg, het ’n negatiewe invloed op die staat se kredietwaardigheid.

Annabel Bishop, hoofekonoom by Investec, sê dit lyk of dié nuus saam met kommer oor presies wat Tito Mboweni, minister van finansies, op 20 Februarie in sy begrotingsrede gaan sê, die rand al meer in die rigting van R14 teenoor die dollar druk.

Die rand verhandel vroeg Dinsdagoggend teen R13,79 teenoor die dollar.

Dit het ’n week gelede op 4 Februarie nog teen R13,31 teenoor sy Amerikaanse eweknie verhandel.

Die rand het ook teenoor die Britse pond en euro teruggesak.

Hy het Dinsdagoggend teen R17,73 teenoor die pond en R15,55 teenoor die euro verhandel.

Met die hulpbronne staan sake soos volg:

  • Goud: $1 308,30 per fynons.
  • Platinum: $787 per ons.
  • Olie: $61,96 per vat.

Digitale geld

  • Bitcoin: $3 576,45
  • Ethereum: $119,25
Meer oor:  Moody's Investor Service  |  Eskom  |  Cyril Ramaphosa  |  Begroting  |  Staatsrede  |  Rand  |  Beurtkrag  |  Dollar
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.