Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Skrap konsep van ‘noodsaaklik’, pleit ekonome

Staak vermorsende staatsbesteding en help eerder sakeondernemings om te oorleef, verslap arbeidswetgewing sodat ondernemings meer mense in diens kan neem, en laat vaar die konsep van “noodsaaklike” goedere en dienste sodat enige onderneming sake kan doen solank dit nie ’n openbare gesondheidsrisiko inhou nie.

JOHANNEBURG, SOUTH AFRICA - APRIL 07: A general vi
Indien die ekonomie nie ook prioritiseer word tydens die staat van inperking nie, help dit nie ons red die mense van die Covid-19-virussiekte om dan van armoede te vergaan nie. Foto: Getty Images

Dít is van die dringende voorstelle van ekonome aan die regering namate die besef deurdring dat ’n verlengde tyd van nasionale inperking dalk meer mense kan laat sterf as die Covid-19-pandemie self.

Nicholas Babaya, ontleder en navorser van die Instituut vir Rasseverhoudinge, sê Suid-Afrika was in ’n veel swakker ekonomiese toestand as die meeste ander lande toe die pandemie die land tref. Selfs sonder die nasionale inperking van 21 dae sou die land in ’n brose, blootgestelde ekonomiese posisie gewees het, maar die inperking het die druk skerp laat toeneem.

Babaya vrees dat as die ekonomiese druk nie aangespreek word nie, kan al hoe meer mense uit desperaatheid besluit om die inperkingsmaatreëls te begin ignoreer en oortree.

“As die maatreëls wat bedoel is om die verspreiding van die virus te beperk daarop uitloop dat Suid-Afrika in ’n ekonomiese depressie gedompel word, met miljoene meer mense as tans werkloos, sal sulke maatreëls glad geen oplossing wees nie.”

Babaya verduidelik die huidige arbeidsregulasies skep ’n situasie waar dit vir ondernemings te duur is om meer mense in diens te neem, byvoorbeeld weens die nuwe nasionale minimum loon of bemagtigingsvereistes. Werkers word so kunsmatig uit die werkplek gedwing weens die stygende geleentheidskoste om mense in diens te neem. Die nasionale inperking vererger dit net.

Jacques Jonker, ekonoom en regsontleder by die Vryemarkstigting, waarsku ook teen die konsep van “noodsaaklike” goedere en dienste en meen die onderskeid tussen “noodsaaklik” en “nie-noodsaaklik” is gebrekkig en onkundig en diskrimineer onregstreeks teen armes.

“Waarde is subjektief. Wat noodsaaklik is, is enigiets wat ’n individu ag as noodsaaklik om in sy behoeftes te voldoen. Geen goedere of dienste is eintlik nie-noodsaaklik nie.”

Die regering ignoreer die mense agter die goedere en dienste. Net die eindgebruiker word in ag geneem, en boonop op ’n kortsigtige manier, sê Jonker. Hy waarsku dat dit nie bloot oor semantiek gaan nie, maar dit het tasbare, soms dodelike gevolge.

Mense wat al voor die inperking gesukkel het om te oorleef, se enigste bron van inkomste is van hulle weggeneem.

Die regering het geld nodig om die pandemie te beveg. Dié geld kom van belasting, maar deur mense te verhoed om aan produktiewe ekonomiese aktiwiteite deel te neem, sny die regering ook sy eie bron van inkomste af, waarsku Jonker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.