Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Brexit ‘sal nie toerisme na SA keer’
Die akwarium van die uShaka Marine World-temapark in Durban. Toerisme sal nie taan net omdat Brittanje die Europese Unie verlaat nie. Foto: Graeme Williams, MediaClubSouthAfrica.com

Die wisselkoers van die rand maak Suid-Afrika steeds ’n gunstige bestemming vir internasionale besoekers, ondanks die wisselvalligheid veroorsaak deur Brittanje se besluit om die EU te verlaat.

Enver Duminy, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme, het waarsku egter toerismeondernemings moenie hul pryse verhoog net om by`internasionale besoekers te wen, maar dan plaaslike besoekers te vervreem nie.

Suid-Afrikaners sal veral nou eerder in hul eie land wil reis, gegewe die onstabiele wisselkoerse.

Duminy meen die impak van die Britte se skokbesluit sal wat reis betref van korte duur wees.

Die proses waardeur Brittanje hom van die Europese Unie sal losmaak, sal sowat twee jaar duur. Dit beteken toeriste en toerismeondernemings moet hulself vir ’n reeks veranderings voorberei.

Suid-Afrikaners wat oorsee reis, wil onder meer weet hoe Brexit visumregulasies sal raak. Volgens Duminy sal dit vir eers onveranderd bly.

Pryse in Kaapstad is 20% laer as ’n jaar gelede, wys die jongste Post Office Holiday Money Report 2016, sê Duminy.

Dit maak Kaapstad een van net twee langafstandbestemmings wat op die lys van die voorste tien bestemmings vir Britse toeriste is.

Weens die pond se verstewiging teen die rand die afgelope paar maande, is Kaapstad nou goedkoper as Bali, en is dit die goedkoopste van 32 langafstandbestemmings vir die Britte.

Die rand het van R19 teen die pond ’n jaar gelede tot soveel as R24 teen die pond in Januarie verswak. Maar selfs ondanks Vrydag se skerp verstewiging tot rondom R20,50 teen die pond, meen Duminy dit is steeds waarde vir geld vir Britse toeriste.

Hy beklemtoon wisselkoerse verander gedurig, en ’n mens kan nie bloot net op ’n swak rand staat maak om Suid-Afrika se aanloklikhede of toerisme-ervarings te bemark nie. Daar is plekke wat waarde vir geld bied ondanks die wisselkoers.

Duminy meen internasionale besoekers wat vooruit bespreek het, sal steeds hul besoek aan die Moederstad geniet.

Meer oor:  Brittanje  |  Eu  |  Europese Unie  |  Brexit  |  Rand  |  Toerisme  |  Toerismebedryf  |  Pond
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.