Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Brexit: Só raak dit SA

Brittanje se jongste gestoei met sy besluit om sy lidmaatskap van die Europese Unie (EU) te beëindig – oftewel Brexit – het die afgelope week die Britse politiek, asook finansiële markte, ontstig.

Die regering van Theresa May, Britse premier, hang aan ’n draadjie. Twee ministers se bedanking die afgelope week het die markte geskok wat reeds steier onder die handelsoorlog tussen Amerika en China.

Maar hoe raak dit Suid-Afrika?

Suid-Afrikaanse maatskappye met hoofkantore in Europa

Talle Suid-Afrikaanse maatskappye het hul Europese hoofkantore in Brittanje en hulle gebruik dit as grondslag om die res van Europa te bedien. Afhangende van hoe Brexit gehanteer word, sal dié maatskappye gedwing word om hul hoofkantore na elders te skuif as hulle steeds in Europa wil sake doen, sê Mica Townsend, sakeontwikkelingsbestuurder by 10X Investments.

Dit skep die risiko van aansienlike ekstra koste vir die betrokke maatskappye, benewens die impak op personeel en hul gesinne wat moet verhuis of wat afgelê kan word.

’n Voorbeeld van ’n maatskappy wat reeds besluit het om te skuif, is Old Mutual wat sy hoofkantoor in Londen sluit en terugkeer na Suid-Afrika.

Theresa May, Britse premier, Donderdag by die Navo-beraad in Brussel, België. Brussel is ook die hoofkwartier van die Europese Unie, waaraan Brittanje hom wil onttrek. Foto: Reuters

Handelsooreenkomste

Moontlik nog ’n groter impak op Suid-Afrika spruit uit die wysigings van internasionale handelsooreenkomste. Die EU is Suid-Afrika se grootste handelsvennoot, en Brittanje vorm ’n groot deel daarvan. “Brittanje is ’n groot invoerder van Suid-Afrikaanse goedere soos wyn, vrugte en edelmetale. As Brittanje die EU verlaat, sal die handelsooreenkomste weer van voor af onderhandel moet word, en daar is geen waarborg dat dit ewe gunstig sal wees nie, sê Townsend.

As Brittanje se ekonomie swak groei ná Brexit, sal die vraag na ingevoerde goedere waarskynlik geraak word, wat sleg sal wees vir Suid-Afrikaanse uitvoerders wat sal moet toekyk hoe ’n belangrike mark kwyn.

Britse paspoort minder nuttig

Talle Suid-Afrikaners het Britse paspoorte. Tot dusver het dit hulle ’n outomatiese reg gegee om in die EU te woon en te werk. Dit is onwaarskynlik dat hulle in die toekoms dié voordeel sal kan benut.

Bly kalm

Aan die ander kant is Brexit net nog een van ’n lang lys bedreigings vir stabiliteit in die wêreldekonomie, en Suid-Afrikaanse beleggers moenie hul langtermynplanne wysig op grond van korttermyngebeure nie, maan Townsend.

Meer oor:  Theresa May  |  Brittanje  |  Brexit  |  Europese Unie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.