Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
‘Brexit-uitstel goed vir SA’ – Parsons

Die verlenging van die Brexit-spertyd tot 31 Oktober is goeie nuus vir Suid-Afrika.

BRUSSELS, BELGIUM - FEBRUARY 07:  President of the
Theresa May, Britse premier, en Jean-Claude Juncker, president van die Europese Kommissie. Foto: Getty Images

Die land moet dié ekstra tyd gebruik om sy handelsreëlings met Brittanje en die Europese Unie (EU) te herbevestig, aan te pas en waar nodig te heronderhandel “ten einde kontinuïteit en voorspelbaarheid in die handelsverhoudinge te bewerkstellig”.

So meen prof. Raymond Parsons, dosent aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

“Die EU as ’n blok is Suid-Afrika se tweede grootste handelsvennoot, en Brittanje is ons tweede grootste handelsvennoot binne die EU. Suid-Afrika het dus ’n wesenlike belang daarby dat Brexit naatloos en ordelik geskied,” sê Parsons in ’n verklaring.

Donderdagoggend vroeg het die EU Theresa May, Britse premier, in kennis gestel van sy besluit om Brexit se spertyd tot 31 Oktober te verleng.

Indien hulle dit nie gedoen het nie, sou May Vrydag te staan gekom het voor wat in effek ’n ooreenkomslose Brexit sou wees.

Noordwes-universiteit
Prof. Raymond Parsons, dosent aan die Noordwes-Universiteit se sakeskool.

Al het Brittanje nou nog ses maande om May se beleërde Brexit-plan te wysig en goed te keur, kan Brittanje wel die EU voor dié datum verlaat indien hy vroeër ’n ooreenkoms kan bereik. In dié geval verlaat Brittanje die EU op die eerste dag van die daaropvolgende maand.

“ ’n Plotselinge ooreenkomslose Brexit op 12 April sou in die algemeen negatiewe ekonomiese gevolge gehad het, veral weens die uitwerking daarvan op die wêreldhandelstelsel as geheel,” sê Parsons.

Dit sou beteken dat Brittanje oornag uit die EU sou tree en onder die algemene tariefreëls van die Wêreld-handelsorganisasie (WHO) sou val.

Brittanje wou ook eensydig noodtariewe begin hef het op alle invoergoedere, wat onregstreekse skade aan sekere sektore van die Suid-Afrikaanse ekonomie soos die motorbedryf, sou veroorsaak, sê Parsons.

“Hoewel daar nog geen sekerheid is oor wat die finale uitkoms op 31 Oktober of selfs vroeër sal wees nie, het Brittanje nou ten minste waardevolle ekstra tyd om politieke besluite oor sy omstrede toekomstige verhouding met die EU te neem,” sê Parsons.

Meer oor:  Tariewe  |  Handelsooreenkoms  |  Brexit
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.