Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Brics-bank leen R7 mjd. vir tolpaaie
Die Verkeerdevlei-tolhek op die N1 naby Bloemfontein.Foto: Wikipedia

Die Nuwe Ontwikkelingsbank (NOB), ook bekend as die Brics-bank, gaan R7 miljard aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) leen.

Die geld sal gebruik word om bestaande tolpaaie in stand te hou of op te knap.

Addisionele bane gaan glo by van die paaie gevoeg word.

Die NOB gee nie meer besonderhede oor die projek nie.

Die bank sê Maandag in ’n verklaring die R7 miljard is een van vier projekte waarvoor hy pas lenings goedgekeur het. Die ander drie projekte is in Rusland en Indië.

Die direksie van die NOB het Donderdag 12 September in Shanghai, China, vergader waartydens die lenings goedgekeur is.

Die bank se portefeulje sluit nou 42 projekte ter waarde van $11,6 miljard in.

Die bank het voorheen ook lenings aan Suid-Afrikaanse instellings goedgekeur. Hy het onder meer geld aan Eskom, die Nywerheidsontwikkelingskorporasie en die Trans-Caledon-tonnelowerheid geleen.

Meer oor:  Ontwikkeling  |  Beleggers  |  Lening
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.