Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Brown gee groot salarisse vir min kwalifikasies
Lynne Brown.

Die spesiale adviseur van Lynne Brown, vorige minister van openbare ondernemings, het net ’n diploma in projekbestuur, maar het ’n jaarlikse salaris van R1,3 miljoen ontvang toe hy in haar diens was, blyk uit ’n parlementêre vraag wat Woensdag aan die media gestuur is.

Brown se senior parlementêre en kabinetsteunbeampte het net ’n matrieksertifikaat gehad, maar het ’n jaarlikse vergoeding van R948 174 ontvang.

Die departement van openbare ondernemings het in antwoord op die skriftelike vraag van die DA-parlementslid Greg Krumbock gesê die uitgawes vir Brown se private kantoor het in die afgelope drie boekjare R85 miljoen bedra.

Brown se private sekretaris se hoogste kwalifikasie is gr. 9 en die persoon het ’n jaarlikse vergoeding van R898 743 ontvang.

Hierteenoor het ’n senior administratiewe beampte in dieselfde kantoor slegs R289 929 per jaar verdien, blyk uit die antwoord. Brown het 15 mense in haar private kantoor gehad wat vir haar werk, met die laags besoldigde persoon die voedseldienstehulpbeampte met gr. 11 as hoogste kwalifikasie wat R152 882 verdien het, oftewel R12 740 per maand, teenoor die spesiale adviseur se vergoeding van R1,299 miljoen oftewel R108 291 per maand – 750% meer.

Brown is vroeër vanjaar deur pres. Cyril Ramaphosa uit die kabinet geskuif en deur Pravin Gordhan, vorige minister van finansies, vervang.

Gordhan het Woensdag voor sy begrotingsposdebat gesê die departement van openbare ondernemings was sentraal tot die staatskapingsverskynsel. Brown se naam het verskeie kere opgeduik in die parlement se portefeuljekomitee oor openbare ondernemings se ondersoek na staatskaping by Eskom, onder meer rakende besluite wat sy oor direksie-aanstellings by Eskom geneem het.

Brown het ook voor die komitee getuig maar het deurgaans ontken dat sy die omstrede Gupta-familie ken of dat sy betrokke by staatskaping was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.