Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
BTW kan weer verhoog!
BTW is in April met een persentasiepunt tot 15% verhoog.

Dis geen uitgemaakte saak dat die regering nie die BTW-koers in Februarie se begroting nog verder kan verhoog nie, meen Bernard Sacks, belastingvennoot van die ouditgroep Mazars.

Hy het op ’n paneelbespreking oor die komende mediumtermynbegrotingsraamwerk gesê ondanks die verkiesingsjaar is dit wel moontlik dat die regering BTW verder kan verhoog want die tesourie het die geld nodig en daar is nie veel ander opsies nie.

Suid-Afrika se BTW is nog in die lae kwartiel vergeleke met ander lande. Argentinië se BTW is op 21%, en Brittanje, Madagaskar en Marokko is op 20%.

Sy kollega Mike Teuchert, nasionale hoof van belastingdienste by Mazars, verskil egter en meen nog ’n BTW-verhoging ná die verhoging van 14% tot 15% sal nie in ’n verkiesingsjaar polities goed afgaan nie.

Teuchert meen nie dit sal gebeur nie.

Maar Sacks verwag die regering sal ’n groot deel van die ekstra inkomste uit die verhoogde BTW moet afstaan weens die ekstra items op die lys van BTW-vrygestelde produkte, en moet dus daardie verlore inkomste op ’n manier weer verhaal. Hy meen die regering moes BTW vanjaar al met 2 persentasiepunte verhoog het eerder as net 1.

Hy verwag die regering kan met die mediumtermynbegrotingsraamwerk later vandeesmaand aankondig of hoendervleis ook ingesluit gaan word onder die BTW-vrye produkte, aangesien daar teen hierdie tyd al heelwat kommentaar ingekom het daaroor. Dit mag wees dat die BTW-paneel gevra sal word om verder te ondersoek wat die impak daarvan kan wees.

Die BTW-vrystellings is ’n erkenning van die regering dat mense onder druk is. Dit is ook te sien in die regering se besluit om die brandstofprysverhoging in September te subsidieer, sê Sacks.

Oor die beoogde koolstofbelasting wat die regering volgende jaar wil instel sê Teuchert dit sal die groot werkgewers soos die mynbou-, vervaardiging- en energiebedrywe raak en ’n groot las vir hulle wees.

“Dis ’n baie stomp instrument en vat net inkomste weg.”

Sacks meen ’n beter oplossing om laer kweekhuisgasvrystellings aan te moedig sou eerder wees om maatskappye aan te spoor deur hul maatskappybelasting te verlaag as hulle sekere teikens vir laer kweekhuisgasse behaal.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.