Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Buitelanders verkoop R2 mjd. se staatseffekte per dag

Vrese oor Suid-Afrika se dreigende afgradering na rommelstatus deur Moody’s Investors Service lei daartoe dat buitelanders tot dusver in Augustus bykans R2 miljard se staatseffekte per dag van die hand gesit het.

Tito Mboweni, minister van finansies. Foto: Getty Images

Tot dusver vandeesmaand het buitelandse beleggers reeds sowat R28 miljard se Suid-Afrikaanse staatseffekte verkoop. Dit bring die netto uitvloei vir die maand tot dusver op R14,4 miljard te staan.

Dit kom te midde daarvan dat die tesourie sedert begin Augustus sy weeklikse veiling van staatseffekte met 37% verhoog het om te help betaal vir die R128 miljard-reddingsboei aan Eskom.

Dit sal die staat se begrotingstekort vergroot, wat die land se laaste beleggingsgradering vir sy skuld in die gedrang plaas.

Moody’s hersien sy gradering van Suid-Afrika in November.

Buitelanders het teen einde Julie 37,9% van Suid-Afrikaanse staatseffekte gehou, die laagste vlak vanjaar. In Maart 2018 was dit op 42,8%, volgens data van die tesourie.

Dié onttrekking van buitelandse beleggers gebeur ten spyte daarvan dat Suid-Afrika se staatseffekte tans van die beste opbrengs ter wêreld bied. Dit impliseer dat hulle bekommerd is oor ’n afgradering tot rommelstatus deur Moody’s omdat dit daartoe sal lei dat Suid-Afrikaanse staatseffekte uit indekse val wat slegs effekte opo beleggingsgraad mag insluit.

LEES OOK: Mark ‘het SA reeds na rommelstatus afgegradeer’

In dollarterme het Suid-Afrikaanse randgedenomineerde skuld in Augustus swakker gevaar as alle belangrike ontluikende markte, behalwe Argentynse staatseffekte.

– Bloomberg, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.