Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Buitensporige pryse beloop ‘al 10% van BBP’
Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling.

Die omvang van “buitensporige pryse” in die ekonomie bedra luidens ’n studie van die Wêreldbank soveel as 10% van Suid-Afrika se huidige bruto binnelandse produk (BBP), het Ebrahim Patel, minister van ekonomiese ontwikkeling, Dinsdag gesê.

Hy het voor die parlement se portefeuljekomitee oor ekonomiese ontwikkeling gereageer op kritiek en kommentaar op die Wysigingswetsontwerp op Mededinging.

Die definisie van buitensporige pryse in die bestaande mededingingswet het volgens Patel nie gehelp om suksesvolle vervolgings te behaal nie. Dis nié omdat daar geen buitensporige pryse in die ekonomie is nie.

Die Regsvereniging van Suid-Afrika het gevra die toets vir buitensporige pryse moet verander word.

Patel sê hy wil nie die definisie só verander dat dit nog moeiliker word om buitensporige pryse te bewys nie.

Die misbruik van koopkrag

Van die kritiek op die wetgewing was dat die definisie van ’n “oorheersende maatskappy” ’n te hoë hekkie is om oor te kom om klein en opkomende ondernemings se steun.

Weens vrese dat klein en swart ondernemings uitgesluit word van beskerming, het Patel voorgestel die komitee sluit ’n voorwaarde in die wetgewing in dat groot maatskappye nie klein en swart ondernemings uit hul voorsieningsketting mag uitsluit nie.

Prysdiskriminasie

Die toets vir prysdiskriminasie in die huidige wet is deur die howe geïnterpreteer op ’n manier dat klein ondernemings nie ’n suksesvolle saak van prysdiskriminasie teen oorheersende maatskappye kan maak nie, sê Patel.

Die toets word in die nuwe wetgewing dus aangepas om die howe meer buigsaamheid te gee om te keer dat daar teen klein ondernemings gediskrimineer word.

Prysdiskriminasie moenie kleinsake verhoed om aan die ekonomie te kan deelneem nie.

Boetes

Die huidige wet het volgens Patel ’n baie buitengewone voorsiening. Boetes word net gehef vir sekere verbode praktyke. In ander gevalle kan die howe besluit hoe groot die boete moet wees.

’n Boete van soveel as 25% van ’n maatskappy se omset word voorgestel in die wetgewing vir herhaalde oortredings. Patel het dié stywe boete verdedig en gesê die feit dat oortredings herhaal word, beteken die aanvanklike straf was nie voldoende nie.

In die Europese Unie is daar boetes van tot 30% van ’n maatskappy se omset, sê hy.

Kartelle

Patel het aangehaal uit ’n Wêreldbank-verslag wat wys tot 200 000 Suid-Afrikaners kan uit armoede gelig word as kartelle in sekere bedrywe soos die hoendervleis-, koring-, mielie- en broodbedryf opgebreek kan word.

Meer oor:  Ebrahim Patel  |  Pryse  |  Ekonomie  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.