Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Bus tot by winkel, Bolt terug huis toe!

Suid-Afrika is dalk nog op ’n gevaarlys vir baie lande, maar daar is tog tekens dat meer toeriste Kaapstad besoek.

Die Victoria & Alfred Waterfront is die gewildste plek in Kaapstad van waar mense saamrygeleenthede met die taxidiens Bolt bespreek. Foto: Unsplash

Daarby gaan doen mense nou ook meer inkopies.

Bolt, ’n app-gegronde taxidiens wat met Uber meeding, sê sy bestuurders het ’n toename van 19% aangeteken in die totale getal ritte wat die afgelope ses maande in die Moederstad gery is.

Besprekings na die Kaapstadse Internasionale Lughawe het vanaf Desember met 44% gestyg, terwyl ’n groei van 63% vir kliënte aangeteken is wat vanaf die lughawe na die stad wou ry.

Volgens Gareth Taylor, streeksbestuurder van Bolt vir Suider-Afrika, wys hul inligting dat die V&A Waterfront op die oomblik Kaapstad se gewildste plek is waar mense in Bolt se karre klim.

Die winkelsentrums Blue Route, Cavendish Square en Canal Walk is onderskeidelik tweede, derde en vierde gewildste onder sy kliënte.

Promenade, wat in die hartjie van Mitchells Plain is, is die vyfde gewildste plek in Kaapstad waarvandaan mense ritte bespreek.

“Volgens ons inligting word baie meer mense by winkelsentrums in en om Kaapstad opgetel eerder as wat hulle daar afgelaai word,” sê Taylor.

“Dit wys dat Kapenaars moontlik van openbare vervoer gebruik maak om na hul keuse van winkelsentrum te reis, maar verkies om met die terugkomslag eerder van deur tot deur te reis omdat hulle nie ver wil loop met hul inkopies nie.”

N1-stad, Vantage Mall, Parow-sentrum, Zevenwacht en St. Peter’s Square is volgens Taylor ook inkopiesentrums waar kliënte gereeld wag vir saamrygeleenthede met Bolt se bestuurders.

Bolt het volgens sy verklaring ook stewige groei gesien in bestuurders wat op die platform aanteken.

Meer oor:  Uber  |  Bolt  |  Tegnologie  |  Apps  |  Taxidiens  |  Taxi's
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.