Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Bykans 10 000 skoenwerkers staak
Skoenwerkers by verskillende skoenfabrieke in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het vandeesweek begin staak.

Bykans 10 000 werkers van verskillende skoenfabrieke in die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal het vandeesweek met ’n loonstaking begin.

Die Cosatu-geaffilieerde klerewerkersvakbond Sactwu sê in ’n verklaring dat 86% van sy lede tot die staking ingestem het.

Dit kom nadat ’n dispuut oor werkgewers se loonaanbod van 6,25% teenoor die vakbond se eis van 9,5% ontstaan het.

André Kriel, hoofsekretaris van Sactwu, sê in ’n verklaring dat loonverhogings in die skoenvervaardigingsbedryf al op 1 Julie in werking moes tree.

Volgens Kriel werk Sactwu saam met die National Union of Leather & Allied Workers (NULAW), en teen Maandag om 13:00 het ’n peiling gewys dat bykans 10 000 werkers aan die staking deelneem.

Van die skoenfabrieke waar werkers sedert Maandag staak, sluit in Oudtshoorn Footwear (600 werkers), Dick Whittington Shoes in KwaZulu-Natal (360 werkers), Bresan Footwear in Pietermaritzburg (130 werkers), SOP Trading in Pietermaritzburg (70 werkers), Watson Shoes in die Suid-Kaap (170 werkers) en Bolton Footwear in Kaapstad (900 werkers).

Meer oor:  Cosatu  |  Staking  |  Skoenwerkers  |  Loononderhandelinge
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.