Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cape Times en kie sny joernaliste se salarisse
Foto ter illustrasie: Die twee mediahuise Independent Media en African News Agency (ANA) gaan salarisse verminder om die impak van Covid-19 op die ekonomie te oorleef. Foto: Shutterstock

Die twee mediahuise Independent Media en African News Agency (ANA) gaan salarisse verminder om die impak van Covid-19 op die ekonomie te oorleef.

Die twee het in ’n verklaring aangekondig die impak van die inperking op die ekonomie het daartoe gelei dat verskeie mediahuise se inkomste uit advertensies en sirkulasie gedaal het.

Volgens Independent Media en ANA is daar reeds ander planne gemaak om oorlewing te probeer verseker soos streng kostebesnoeiing met aankope.

Die personeel wat die meeste geld verdien sal die grootste persentasieverlaging in hul salaris kry en die laags besoldigdes die minste, lui die verklaring.

Personeel is Vrydag hiervan ingelig.

Die maatskappye glo die stap is nodig om sowat 2 000 personeel se poste te beskerm.

Die verklaring is saam uitgereik nadat daar “ongepaste en onsensitiewe vrae” van ander mediahuise ontvang is.

Independent Media en ANA glo die vrae van joernaliste en hul publikasies is deel van ’n smeerveldtog teen die ondernemings en Iqbal Survé, hul uitvoerende voorsitter.

“Die media word derhalwe met respek versoek om hulself van verraderlike opmerkings en vrae te weerhou. Hulle sal eenvoudig nie vermaak word nie en geen reaksie sal gegee word nie.”

Meer oor:  Independent Media  |  Joernaliste  |  Koronavirus  |  Media  |  Covid-19  |  Salaris
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.