Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cosatu kap nuwe minimum loon

Die “miserabele” verhoging van net 3,8% in die nasionale minimum loon “vryf sout in die wonde van die armste en mees uitgebuite werkers”, sê Cosatu.

Matthew Parks, parlementskoördineerder van Cosatu.Foto: fin24

Die vakverbond, ’n alliansievennoot van die ANC-regering, sê inflasie tref werkersklasgesinne die hardste. Krag, brandstof en ander stygings was die afgelope jaar baie meer as 3,8%.

Matthew Parks, parlementêre koördineerder, sê die minimum loon van R20 per uur is in Maart 2017 beding, maar het – onveranderd – eers op 1 Januarie 2019 van krag geword. In die afgelope twee jaar was die totale inflasiekoers 12,5%.

Parks sê die Wet op die Nasionale Minimum Loon vereis dat die minimumloon-kommissie die loon jaarliks hersien om te keer dat die styging in lewenskostes dit ondermyn.

“Deur die loon met 3,8% aan te pas en nie 12,5% nie, het die kommissie nie sy wetlike en morele pligte nagekom nie.”

Hy sê die verhoging moes boonop eintlik in Januarie van krag geword het, maar die kommissie het eers verlede maand vergader. Die wet maak nie daarvoor voorsiening dat die minimum loon terugwaarts aangepas word nie.

Nog iets waaroor Cosatu ongelukkig is, is dat huiswerkers en plaaswerkers se verhoging ook net 3,8% is. Hulle verdien onderskeidelik 80% en 90% van die minimum loon. Die wet vereis dat hulle teen Januarie 2021 die volle minimum loon verdien.

Die nasionale minimum loon beloop nou R20,76, terwyl plaaswerkers R18,68 moet verdien en huiswerkers R15,57. Mense wat vir die staat se openbarewerkeprogram werk, moet R11,42 per uur verdien.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.