Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Covid-19 eis minister se woordvoerder

Sidwell Medupe (56), jare lange mediawoordvoerder van die departement van handel, nywerheid en mededinging, is Donderdag aan Covid-19 dood.

Sidwell Medupe, mediawoordvoerder van Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, op Trafalgarplein in Londen tydens ’n besoek aan Brittanje.

Medupe was al vir ’n paar weke siek en is in die hospitaal opgeneem, het Ebrahim Patel, minister van handel, nywerheid en mededinging, in ’n verklaring gesê.

Medupe was bekend vir sy vriendelikheid en joviale persoonlikheid, en was sedert 2011 die departement se hoofmediawoordvoerder.

Hy het in 2008 as direkteur van mediaverhoudinge by die departement aangesluit, en het ook saam met die vorige ministers van handel en nywerheid gewerk - met dr. Rob Davies van 2009 tot 2019, en met Mandisi Mpahlwa in 2008 en 2009.

Patel vertel dat Medupe selfs uit sy hospitaalbed vir sy kollegas boodskappe van hoop gestuur het. “Ons onthou Sidwell vir sy warmte, liefde vir mense en die vreugde waarmee hy met sy kollegas omgegaan het. Sy familie verloor ’n man en pa, en ons by die departement verloor ’n hardwerkende en toegewyde amptenaar,” het Patel gesê.

Medupe was in 2019 saam met Patel op amptelike buitelandse reise, en het die departement gereeld landwyd by geleenthede verteenwoordig.

’n Virtuele gedenkdiens sal binnekort vir hom gehou word, het Sarah Choane, adjunkdirekteur-generaal vir korporatiewe bestuursdienste by die departement, Donderdag laat weet. 

Medupe laat sy vrou Felicity agter, asook sy kinders Tlholo, Tirisano en Thoriso, en sy kleinkinders Remofilwe en Reabetswe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.