Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Covid-19 ‘gaan ekonomie erg knou’
Sipho PityanaFoto: City Press

Die noodtoestand wat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand afgekondig het in reaksie op die uitbreking van Covid-19 gaan sonder twyfel ’n groot invloed op Suid-Afrika se ekonomie hê.

Sipho Pityana, president van die sakeliggaam Business Unity South Africa (Busa), sê in ’n verklaring dat die land egter geen ander keuse het as om dié drastiese stappe te doen nie.

Die noodtoestand behels onder meer dat omvangryke reisbeperkings ingestel is, enige byeenkoms van meer as 100 mense verbied word, en dat skole drie dae vroeër sluit en die vakansie langer sal wees.

“Ons doen ’n ernstige beroep op ons ledeorganisasies om te verseker dat die maatreëls wat die president aangekondig het so vinnig as moontlik toegepas word, en om, waar moontlik, bewustheid en positiewe optrede te verhoog,” sê hy in die verklaring.

Oor die invloed op die ekonomie sê Pityana: “Dit sal die ekonomiese krisis vererger waarin ons ons reeds bevind. Sakeondernemings sal saam met die regering en arbeid moet werk om die ekonomiese, maatskaplike en gesondheidsrisiko’s wat die virus inhou te verlig.”

Die nuutste syfers wat vroeër in Maart deur Statistieke Suid-Afrika bekend gestel is, wys dat die land hom reeds in ’n tegniese resessie bevind. Ekonomiese groei het in die vierde kwartaal van 2019 met 1,4% verlangsaam.

“Daar is geen twyfel oor die omvang van waarmee ons te kampe het nie. Ons het fundamentele gedragsverandering nodig – veral beter higiëne en om ’n veilige afstand te handhaaf – om hierdie reuse-uitdaging die hoof te bied,” sê Pityana.

Meer oor:  Sipho Pityana  |  Busa  |  Covid-19  |  Ekonomie  |  Maatskappye  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.