Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Ekonomie
Cyril erken: Ekonomie gaan nêrens heen

Pres. Cyril Ramaphosa het met die intrapslag Donderdagaand in sy staatsrede erken die ekonomie het die afgelope dekade nie regtig gegroei nie.

Pres. Cyril RamaphosaFoto: Jaco Marais

“Ons ekonomie het meer as ’n dekade lank nie betekenisvol gegroei nie. Al word werkgeleenthede geskep, neem die werkloosheidskoers toe.

“Die herstel van ons ekonomie het tot stilstand gekom omdat aanhoudende energietekorte ondernemings en mense se lewens ontwrig het.

“Verskeie maatskappye in staatsbesit is onder druk, en ons openbare finansies is onder geweldige druk,” het hy erken.

Ramaphosa sê die staat het geen keuse nie as om ’n plan te maak met sy finansies.

“Lae groeivlakke beteken dat ons nie genoeg geld genereer om ons uitgawes te dek nie; ons skuld is op pad na onvolhoubare vlakke; en besteding fokus verkeerdelik op verbruik en skulddiens eerder as op infrastruktuur en produktiewe aktiwiteite.”

Wanneer Tito Mboweni, minister van finansies, op 26 Februarie sy begrotingsrede lewer, sal hy glo meer besonderhede gee oor planne wat die staat gemaak het.

Hy het bevestig dat daar veral gekyk gaan word na hoe besteding verminder kan word en ook na hoe die staat se salarisrekening kleiner gemaak kan word.

Ontleders wat vooraf gepleit het dat Ramaphosa in sy staatsrede eerlik is oor die haglike toestand van die ekonomie, sal nie teleurgesteld wees in dié opmerkings nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.